Het jy gehoor?

Benedict Cumberbatch verloof!

Hartseer nuus as jou toekomsplanne ingesluit het om met die sexy Britse akteur Benedict Cumberbatch te trou – hy is verloof, berig The Independent.

Dié gewilde akteur het anders as ander bekendes nie ’n selfie van homself en sy verloofde, die aktrise en regisseur Sophie Hunter, gedeel nie. Nee, dié Britse akteur, wat glo baie goeie maniere het, het ’n aankondiging in die koerant geplaas.

Soos wat The Independent sê, dié kort gedeelte in die Britse koerant, klink soos iets uit ’n Jane Austen-roman.

The engagement is announced between Benedict, son of Wanda and Timothy Cumberbatch of London, and Sophie, daughter of Katharine Hunter of Edinburgh and Charles Hunter of London.

Daily Mail het in Oktober berig dat Benedict trouplanne het:

Bron: The Independent

Lees ook