FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Beroepswedders moet miljoene opdok ná Prinses Charlotte naam kry

Nie almal was gelukkig toe Prinses Charlotte Elizabeth Diana se naam bekend gemaak is nie. Hello! berig dat meer as R18 miljoen uitbetaal moet word aan wedders wat geld op dié naam gesit het. 

Alice was voorheen ’n gunsteling onder wedders, maar ’n week voor die koninklike geboorte het die meeste wedders geld op die naam ‘Charlotte’ gesit.

Jessica Bridge van Ladbrokes het die volgende te sê gehad oor die geld wat hulle moet opdok: “Alhoewel ons ’n fortuin verloor het, betaal ons die geld met ’n glimlag. Ons wens die hertog en hertogin alles van die beste toe.”

Nicola McGeady van Coral het op haar beurt gesê: “Nadat wedders die baba se geslag reg geraai het, het ons gebid dat Will en Kate nie hul baba Charlotte, Alice of Olivia sal noem nie.”

“Dit was een van die duurste uitslae in die geskiedenis van konkinklike weddery,” het sy bygevoeg.

Die Prinses se naam bring hulde aan die belangrikste mense in haar ouers se lewens: William se pa, Prins Charles, sy ouma, die koningin, en sy ma, prinses Diana. Charlotte is ook Kate se suster, Pippa, se tweede naam en Kate se eie tweede naam is ook Elizabeth.

Bron: Hello!

Lees ook