sr0904voorblad02new_clinton_lubbe
Het jy gehoor?

Bertha kies ‘n watergeboorte

‘n Volle tien dae voor haar beplande geboortedatum op 8 Julie het Brioné Liandri Wahl Sondag haar opwagting gemaak.

Sy het die skaal op 2,91 kg getrek en is 53 ½ cm lank.

“Sy het tien tone en tien vingers en haar sussie, Kiana, se grootste maatjie,” het Bertha Maandag op Facebook aangekondig.

Toe SARIE gister bel met gelukwensinge het ma en baba rustig geslaap.

Pa Karel het vertel dit was ‘n watergeboorte soos dié van ousus Kiana (3). “Brioné is by die huis gebore en sy en haar mamma vaar beide goed,” sê hy.

Bertha het vroeg in Junie haar kollegas by 7deLaan vir ‘n wyle gegroet om bietjie te gaan ontspan voor die baba se koms.

Die sokkergees het sedert die begin van die Wêreldbeker hoogty gevier in die Wahl-huishouding in Johannesburg. Bertha en haar gesin is groot sokkerondersteuners en op 11 Junie het selfs klein Kiana haar Bafana Bafana-hempie aangehad en die landsvlag op haar wang laat verf.

Bertha het behoorlik die slapies na die geboorte afgetel en in ‘n stadium gehoop “sussa” kom nie laat nie!

Twee dae voor Brioné se koms, het Bertha nog Toy Story 3D saam met Kiana gaan sien.

Bertha het die laaste ruk gesukkel met sooibrand en verskeie rate gevolg, selfs om meer regop te probeer slaap.

Met Brioné se haastige aankoms, sal die nuwe klein Wahltjie gelukkig die spannendste deel van die Wêreldbeker kan meemaak.

Dink net, as iemand haar eendag vra waar was sy toe die groot sokkergebeurtenis in Suid-Afrika gehou is, sal sy kan sê: “Ek was daar! Ek is toe gebore!”

  • Paula Victor

    Is julle seker vam die geboorte datum?

  • Andrietta Greybe

    Ek is regtig baie bly om te lees van mammas wat nog op die mees natuurlikste manier kraam. Baie dankie Bertha vir jou voorbeeld. Ek weet daar is ook risiko’s aan verbonde, maar so ver as wat jy kan, moet die natuurlike weg gevolg word. Jy is ‘n vrou so na aan my hart!

  • Mandie

    Baie Baie geluk. Sy gaan net so pragtig wees soos haar ma en sussie!

  • Christelle van Staden

    Victor – die datum is korrek. Dit se "’n Volle tien dae voor haar beplande geboortedatum op 8 Julie het Brioné Liandri Wahl Sondag haar opwagting gemaak". M.a.w. die geboorte is nie 8 Julie nie – die verwagte datum was 8 Julie. Brione is 10 dae voor dit gebore op Sondag – die 27ste Junie.

    Baie geluk julle!! Jy is bevoorreg om natuurlik te kan kraam – onthou Andrietta nie almal kan nie. Gelukkig weet ons Here wat die beste is vir ons elkeen. Op die einde van die dag is dit in elk geval wonderlik om ‘n kleinding te kan he – ongeag hoe hy of sy gebore is. Dit is ‘n seen.

  • Jenny Smith

    Baie geluk met die bondeltjie vreugde. Pas haar goed op want sy is n gawe van God.