Bertha le Roux se rooi haarkleur met ligte strepies is perfek vir winter
FOTO: SARIE

Bertha le Roux se rooi haarkleur met ligte strepies is perfek vir winter FOTO: SARIE

Het jy gehoor?

VIDEO: Bertha le Roux en ander sterre dans vir liefdadigheid

Bekendes soos Bertha le Roux (Emma van 7de Laan), Marno van der Merwe (die ster van Robbie de Wee), André Lotter (Liam van Villa Rosa) en Pretville se Marlee van der Merwe het die naweek aan ’n flashmob in Roodepoort deelgeneem.

Bekendes het saamgewerk om besoekers aan ’n winkelsentrum in Roodepoort te vermaak met ’n flashmob – wanneer ’n groep mense in ’n openbare plek ontmoet en vir ’n paar minute ’n ongewone optrede, gewoonlik ’n groepdans, doen voordat hulle weer vinnig verdwyn.

En dít vir ’n goeie doel. Kyk na die video hieronder:

Die Feed a Child-inisiatief het dié flashmob, waaraan meer as 40 glanspersoonlikhede en akteurs deelgeneem het, gehou in samewerking met Talent-Etc, ’n agentskap vir bekendes.

Sterre van onder meer Binnelanders, Villa Rosa en 7de Laan het by die Clearwater-winkelsentrum in Roodepoort byeengekom vir dié geleentheid.

“Dis vir ons belangrik om as agentskap deel te wees van verskeie gemeenskapsprojekte en Feed a Child is ’n wonderlike inisiatief. Sodoende bied dit ook ons kunstenaars die geleentheid om as span saam te werk vir liefdadigheid,” sê Jennis Williamson, besturende direkteur van Talent-Etc.

Die doel van die dans was om bewustheid van Feed a Child te skep én die veldtoglied, “Fire in me”, bekend te stel. Dié lied word deur die plaaslike groep Faith Regained gesing.

Besoek Feed a Child se webblad vir meer inligting oor die inisiatief.