FOTO: SARIE

Het jy gehoor?

Bertha le Roux se eerste fliek: nóg foto’s

Bertha le Roux is beter bekend op die kassie as Emma van 7de Laan, maar nou vir die eerste keer is sy ook op die grootskerm! Sy is een van die hoofkarakters in Prinses.

Dié kortfliek gaan by vanjaar se kykNET Silwerskermfees debuteer en nuwe foto’s is nou te sien.

Waaroor gaan Prinses?

Dié bonatuurlike riller handel oor die Strydom-gesin en die generasievloeke wat hulle teister. Simoné Strydom (wat gespeel word deur die 12-jarige Jané van der Westhuizen) word gekroon as die nuwe prinses van haar laerskool, maar selfs dít is nie goed genoeg vir haar alkoholis-ma, Janine (Bertha), nie. ‘n Gees van ‘n voormoeder maak haar verskyning en familie-geheime word openbaar.

Bertha le Roux Prinses Bertha le Roux Prinses Bertha le Roux Prinses Bertha le Roux PrinsesPRINSES is een van 13 kortfilms wat vrygestel gaan word by die kykNET Silwerskermfees vanaf 28 Augustus tot 1 September in Kampsbaai, Kaapstad. Prinses sal daarna ook in selektiewe rolprenthuise vertoon word, asook op kykNET uitgesaai word.

Bertha se mede-akteurs sluit in o.a. Dirk Stoltz, Adri Britz, Zelda Roelofs, Juané Vermaak en JC Snooke. PRINSES word vervaardig deur Jennis Williamson en JC Snooke vir Life in A Bulb Productions, wat ook Drukkersbloed met Illse Roos in 2012 vir die kykNET/NuMetro SIlwerskerm Filmfees vervaardig het. Die regie, en teks, word behartig deur Morne du Toit wat ook regisseur van Hoofmeisie was. Redigering word gedoen deur Fix Post Productions en die klankbaan deur Quinn Lubbe.