sr0909bertha_other
Het jy gehoor?

Bertha le Roux verloor 10 kg ná ernstige operasie

“Gewoonlik is jy binne ‘n dag uit die hospitaal ná ‘n galblaas operasie. Maar ek het ná drie dae erge buik, bors en rugbpyn by die huis gekry. Die ambulans het my kom kry by ons huis in Johannesurg en teruggeneem na die Olivedalke Kliniek in Johannesburg.”

Die gal het ná die operasie na haar buik gelek. “My organe het gebrand. Die dokter moes my ingewande skoon was. Ek was 15 dae in die hospitaal ná die terugslag. Dit was ‘n week lank baie seer. Ek het gehoor dit kan báie gevaarlik wees. Die tweede week het ek die heeltyd gehuil. Dis erg as jou lyf jou so in die steek laat. Ek het baie verlang na my twee kleintjies, Kiana (5) en Brioné (20 maande.)”

Gelukkig het haar ma, Griet le Roux, wat in Saldanha woon, haar man, Karel, gehelp om die kinders op te pas. “My ma is wonderlik en my man is ‘n ongelooflike pa. Hy het ook elke dag vir mý iets spesiaal gebring hospitaal toe: boeke, lekker handeroom en ‘n Marmite-broodjie as ek daarvoor lus was.”

Bertha het sedert sy begin naar word het vóór die operasie, tot nou (‘n maand daarna), reeds tien kilogram verloor. “Ek probeer ook gesonder eet en suiwel-produkte en vetterige kos vermy. ‘n Mens moet leer om te luister na jou liggaam.”

Sy sê dokters is nie seker wat galstene veroorsaak nie. Dit kan oorerflik wees. “My een oupa se galblaas is ook verwyder.” Lae ystervlakke kan dit ook veroorsaak…

“Ek voel nog nie honderd persent reg nie. Dit neem so vier maande ná die operasie voor jou organe en spysvertering herstel. En ek is nog baie moeg, waarskynlik ook weens die narkose. 7de Laan was baie goed vir my. Hulle het Emma ‘n paar weke ‘uitgeskryf’. Sy het hallusinasies gekry en toe na haar ma gegaan…”

  • Freda Ferreira

    Baie sterkte bertha. Ja ek moes self ook eers ‘n wake -up call kry en het 50 kg verloor. Ons gaan jou mis in 7de laan. Hoop jy is spoedig heeltemal gesond.Bid vir jou en jou gesin

  • Lynette Martin

    Hoop jy word gou gesond Bertha. Sy lyk absoluut fantasties, pragtige vrou!!

  • Delien Bothma

    Sjoe! Bertha, jy is beeldskoon en lyk super fantasties!
    Jy is vir ons ‘n groot inspirasie!

  • L3

    Bertha, jy lyk fantasties!!!!!

  • Liezl

    Wow jy lyk stunning. Besef nou eers weer watse mooi vrou jy is!

  • Marie Hattingh

    Bertha het ek van jou gehou soos jy was, want al die liefde vir die mense om jou het uit joi oë gestraal! Hoop jy word sommer gou gesonde en kom tog gou terug 7de laan toe!

  • Mentani du Plessis

    Sjoe, jy lyk ongelooflik!

  • Riette Delport

    Galstene is ‘n algemene ding by vrouens wat onlangs babas gehad het ek het ook so Jaar na my dogtertjie galstene gekry. Dis seerder as ‘n Keizer. Sterkte en jy Lyk fantasies . Die ander rede vir galstene is ook as mens baie gewig verloor oor kort tydperk en die diet Staak en tegou vetterige kos eet Dan vorm galstene.

  • Sandra Wolfswinkel

    Sy was nog altyd ‘n pragtige vrou. Sy is definitief ‘n groot inspirasie vir ons almal. Sterkte Bertha en word gou gesond. Jy lyk fantasties!

  • Marelize Church

    jy is verskriklik mooi!!!!!jy lyk so goed….jammer om te hoor dat jy siek was.Word gou gesond.

  • christine Naude

    Sterkte maatjie….hoop jy word gougou weer heeltemal gesond…jy lyk fantasties

  • Grieta Meyer

    Bertha, jy was nog altyd vir my ‘n baie mooi dame. Maar nou lyk jy eers "STUNNING". Hou so aan hoor!!

  • Wilma du Toit

    My galblaas is ook ‘n klompie jare terug verwyder, maar my herstel was vinning en sonder komplikasies. Sjoe, ek sou wat wou gee om 10kg te verloor! Berha, jy lyk pragtig!!

  • Sonet

    Bertha, jy is vir my pragtig – voor én na die 10kg wat jy verloor het! Hoop jy voel sommer gou weer jouself.

  • Martie

    Hell ek het altyd geweet jy is pragtig MAAR nou !!!! Hemel beeldskoon.

  • Annet

    Bertha
    Ek het simpatie met wat jy deurgemaak het. In my geval was ek met vakansie toe die onuithoudbare pyn my beetgepak het en ons toe maar vakansie kortknip en terugjaag na die huis om in hospitaal opgeneem te word. Vriendin dis die seerste operasie wat ek nog gehad het en ek het al verskeie knie operasies en ‘n histerektomie deurgemaak.
    Die herstel proses is baie stadig en jy moet versigtig wees om nie gou swaar goed soos jou baba op te tel nie – dit kan weer ‘n breuk veroorsaak en dan moet jy nog ‘n operasie deurmaak.

    Ek voel met jou want ek het soorgelyke nagevolge gehad met twee gevalle van hematome en sukkel nog met die tweede wat sowat drie centimeter groot was om toe te groei.

  • Hannelie Horn

    Baie Sterkte Bertha!!! Jy is so ‘n pragtige mens, doen so voort en jy sal al die oortollige kilos verloor.

  • Rose-Mary Slamat

    Sterkte Emma, Bertha word gou gesond. Jy is ‘n pragtige mensie.

  • Gert

    Ongelukkig met jou bou en heupe sal jy altyd vet lyk al verloor jy 30kg. Jy is nou maar eenmaal n mollige-marie op jou beste….maar ten minste lyk jy nou bietjie beter

  • Helene

    Bertha, my dogter het baie gewig verloor tydens die Cohen dieet (30.6kg in 3en ‘n half maande) – net na sy opgehou het, het sy soetgoed begin ‘crave’ – sy het normaal begin eet en baie vinnig gewig opgetel (meer as wat sy verloor het), in die proses het sy ook galstene ontwikkel. Ekt gesien op tv in ‘n program waar ‘n dokter ‘obese’ en ‘morbidly obese’ mense opereer om hul mae kleiner te maak vir gewigsverlies dat hy (dr) ook die galblaas verwyder omdat galstene volgens hom altyd vorm wanneer baie gewig skielik verloor word. Ek en my dogters is nou by Weigh-less en probeer die gewiggies maar op ‘n gesonder manier afskud. Geluk met jou 10kg af en word gou gesond!

  • Helene

    Sies Sarie, jul verneuk, jul skep die indruk dat Emma tans lyk soos op die foto hierbo (m.a.w. na sy 10kg verloor het na die galsteen operasie) – hierdie foto is geneem tydens ‘n fotosessie kort na sy haar teikengewig bereik het na sy die Cohen dieet gevolg het.
    Ek dink in elk geval sy is ‘n pragtige mens maar om lesers nou so te mislei is verkeerd!

  • JORRIE JORDAAN

    Bertha jy het altyd mooi gelyk en nou lyk jy STUNNING!

  • Natasja Schamrel

    Bertha, jy lyk pragtig!!! Sterkte en ek hoop jy voel sommer gou weer 100% perdfris.

  • Jean

    Sterkte ek weet wat jy deur gegaan het met die pyn ek is ook daar deur, ek het dedink ek gaan dood. Ek hoop net jy het so lelike sny soos wat ek het nie.
    Jy lyk stunning.

  • Gerda Olivier

    Hoop jy word sommer baie gou gesond. Ek kan amper nie glo jy is dieselfde mens nie. Ek het ook altyd gedink jy is pragtig. Maar nou is jy pragtig verby met daai pragtige dik bos hare. Kom gou terug 7 de Laan toe ons gaan jou beslis mis. Alles wat mooi is vir jou en jou gesin.

  • Carine Adendorff

    Baie sterkte Bertha. Jy lyk asemrowend.

  • vlamodendaal

    Stylvol en sjiek en sommer net deksels mooi. Die foto is baie vlyend en goed gefotografeer,net genoeg en net nie te min.

  • GP

    jy lyk pragtig ,,,

  • Wilna Beukes

    Sterkte Bertha, word gou gesond, jy lyk fantasties

  • Wendy

    Baie sterkte aan jou en jou gesin Bertha. Jy is ‘n besondere geseende vrou en ek glo jy sal ook hierdeur net sterker anderkant kom en vir ons vroue ‘n voortdurend in inspirasie bly. en vir die rekord, jou skoonheid is nie afhangend van jpu gewig nie maar dit skyn vanuit jou hart. Dankie dat jy met ons deel, die publiek en media kan soms te veel raak.

  • Dalene Botes

    Sterkte Bertha – voor of na jou gewigs verlies lyk jy stunning!! Word gou gesond ons mis jou mooi gesiggie in 7de Laan. Ons gebede is ook saam met jou Ma – Man en kinders

  • Renee Grierson

    Dankie Jesus vir so ‘n goeie man en liefdevolle ma wat jou so mooi kon bystaan. Jy lyk pragtig op die foto en ook baie dankie dat jy altyd bereid is om jou lewe met ons te deel. Ek is seker almal op 7de laan het jou gemis en ons sien uit na jou terugkoms. Lekker rus

  • Valarie Vorster

    Wow jy lyk fantasties. Jy is ‘n pragtige mens. Ons geniet jou vreeslik in 7de Laan. Hoop jy sal baie gou jouself wees en gou gesond word. Dankie vir die Moeders en Mans in ons lewens. Ek is seker hulle het dit net so moeilik gevind om jou so te sien swaarkry, soos jy……

  • Anne-Marie van Wyk

    Bertha jy is stunning . Sterkte met die hestel, hoop jy is gou terug op die kassie. Jy speel ‘n fantastiese rol en ek is mal oor jou. Dit is lekker om ‘n ma te he wat jou nog kan help , veral as jou kinders so klein is soos joune. Liefde

  • heila

    Jy bly pragtig, met of sonder 10kg by…. jou mooiheid kom absoluut van binne…. God bless…. en sterkte vir jou.

  • Anoniem

    Sterkte Bertha!. Gou gesond word!.

  • Cornel

    Hoop jy is sommer gou weer op die been. Ek is ook met galstene "oorrompel" na my eerste swangerskap. My seuntjie was 7 maande oud toe ek vir ‘n week in die hospitaal beland het (met pankreatitis agv die stene). Dankie tog vir oumas wat soos engele uit die hemel is. Kyk mooi na jouself en gee jouself kans om gesond te word. Jy is pragtig!

  • Sonja Ward

    Sterkte vir jou van Sonja

  • Greta

    Jy lyk ongelooflik, en ek het geen idee deur watse pyn jy moes gaan nie, maar bewonder jou nou nog meer…
    Sterkte en spoedige beterskap!!!

  • Ria Kruger Oosthuizen

    Hallo Bertha, ek sit op die oomblik met dieselfde simptome. Daar is n groterige galsteen al vir n paar jaar. Maar het ni gepla nie. Ek is rerig bang vir n operasie. Hoop jy is gou weer terug in 7de laan, dis nie dieselfde sonder jou nie. Groete en sterkte.

  • Benita Rodrigues

    Shoe Berta, maar jy lyk stunning kintie!! Ek is bly alles het goed verloop. Pas jouself mooi op en sterk goed aan. Groete ook vir jou moeder. (Ek is Mike Froneman se gewese vrou~~getroud met Antonio Rodrigues en woon nou in Portugal). Baie liefde.

  • Charleen Pretorius

    Hi Bertha,jy lyk pragtig,spoedige herstel vir jou,hoop om jou eersdaags in 7de laan te sien,Dit beteken baie om jou ma daar by jou te he.mooi bly

  • Hannetjie Pieterse

    Baie sterkte Bertha, vir my sal jy altyd Emma bly, die een met die son in haar oë! Ek dink "Emma" is jou ware self, nie ‘n aktrise nie. Gou gesond word en ons sien jou binnekort weer op 7de laan!

  • Edwina Goosen

    Ek was ses maande swanger toe die dokters my galstene met galblaas en al verwyder,ek en my baba was amper dood,want hulle het gesukkel om ons by te kry.Hulle het 14 klippe uit gehaal en ek het nogsteeds pyn en my baba is nou n jaar en vyf maande.

  • Edwina Goosen

    Ek was ses maande swanger toe die dokters my galstene met galblaas en al verwyder,ek en my baba was amper dood,want hulle het gesukkel om ons by te kry.Hulle het 14 klippe uit gehaal en ek het nogsteeds pyn en my baba is nou n jaar en vyf maande.

  • Liesl Posthumus

    Ek het reeds my galblaas verwyder, en het n breuk daar opggedoen, watter spesiaalis ka julllle vir my aanbeveel! (asseblief).help!

  • adri harmse

    My galblaas is in die ‘1990’s verwyder aangesien dit volgens die spesialis nie gewerk het nie, wat ek tot vandag in twyfeL trek. Ek glo dat ek eerder ‘n breuk of iets gehad het. Oktober 2012 het ek skielik begin naar raak en erge diaree begin ontwikkel. Soos normaal het ek gedink dit is ‘n virus en het gewone oor die toonbank medikasie gebruik, niks wou werk. Eendag het ek erge drukking, wat soos ‘n migraine in die begin gevoel het, gekry. Ek was drie dae later eers instaat om na my Dr te gaan vir ‘n migraine inspuiting weens die drukking. Ek het terloops aan hom genoem van die diaree. Hy het Gese dat ek erge krampe het en medikasie voorgeskryf. Desember 2012 op Kersdag was ek so siek ek wou mal word. Hier woon ‘n Provinsiale Dr langs ons en hy het vir my antibiotika voorgeskryf wat ek weens die vakansie dae eers op 27 Desember 2012 kon kry. Na twee dae het ek beter gevoel … Tot die dag daarna. intussen het ek gewig verloor en kon myself net tot by die badkamer sleep, geen krag om Dr toe te gaan nie en die diaree en naarheid was te veel. Januarie 2013 is ek een aand Dr toe, ek kon nie meer. Hy het genoem dat ek verskeie goed makeer, maagseer, mantelvliesbreuk, kolitus ens en het toetse aangevra en voorgestel ek kom by ‘n Gastroentoloog uit. 4 Februarie 2013 kolonoskopie, gastroskopie en biopsie is gedoen. My maag is vol gal en hul weet nie waarom, nog pille. Ek het pankreatitis, pille. My dikderm sal nooit weer dieselfde wees of reg werk weens die galblaas verwydering nie. Hul kan wel later spesiale magtiging kry om ‘n pil in te voer van oorsee en kyk of dit werk. Intussen steeds diaree en naarheid. En ek het al 23kg verloor. Die pyn is ondraaglik, wat nou?