sr0904berthabinne02x
Het jy gehoor?

Bertha le Roux verloor nóg 4,5 kg

Bertha vertel in jou nuutste SARIE oor dié dieet wat haar laat voel dat sy vir die eerste keer in jare op die regte pad is na gesond maerder word. Deel van die dieet is ‘n “refeeding-program” wat sy tans volg ná sy haar teikengewig bereik het.

Sy het verlede Maandag (9 Maart) met dié program begin en sal vir 18 dae daarmee volhou.* Bertha het binne drie maande haar teikengewig bereik.

Die refeeding-program behels dat sy nou groter porsies kan eet en ook weer melk en brood kan geniet. “Ek kan nou een of twee meer vrugte per dag eet en my proteïenporsies stelselmatig vermeerder. Dis lekker om meer te kan eet.”

Bertha sal uiteindelik selfs weer aan koekies en sjokolade weglê – maar in mátige hoeveelhede! Ná die refeeding kry sy ‘n eetprogram wat sal help om haar gewigsverlies te onderhou.

“Ek sal moet aanhou met wat ek op die dieet geleer doen het: Ek moet drie maaltye ‘n dag eet en twee peuselhappies tussenin. Ek kry ook riglyne wat my sal help om gewig af te skud as ek dit weer sou optel.”

* Bertha se refeeding-program duur 18 dae, maar dit verskil van persoon tot persoon.