FOTO: Instagram bettymwhite

FOTO: Instagram bettymwhite

Het jy gehoor?

Betty White is nie dood nie!

Talle Betty White-aanhangers is kwaad oor ’n satiriese artikel se opskrif wat dit laat klink of dié ikoniese aktrise gesterf het. Empire News het die artikel gepubliseer. 

Nie almal het die volledige artikel gelees nie en boodskappe van medelye het op sosiale media ingestroom.

Volgens die International Business Times gaan dié artikel egter daaroor dat Betty nie ’n natuurlike blondine is nie, maar dat sy dit al vir jare self ligter kleur. Die artikel se titel, “Actress Betty White, 93, Dyes Peacefully In Her Los Angeles Home”, is ’n woordspeling met die Engelse dies en dyes.

Die 93-jarige The Golden Girls-aktrise het sowat ’n week gelede dié foto op haar Instagram-blad gedeel, wat wys dat sy springlewendig is en besig is om aan die TV-drama Bones werk. 

 

Great first day on the set of #Bones!

 

A photo posted by Betty White (@bettymwhite) on

Betty, wat gereeld oor haar ouderdom grappies maak, se stem word ook eersdaags gehoor in die nuwe seisoen van die animasiereeks SpongeBob SquarePants.

Just worked with the folks at @Nickelodeontv on an episode of #SpongeBob. Very talented and funny group!

A photo posted by Betty White (@bettymwhite) on

Bronne: International Business Times, Empire News 

Lees ook