FOTO: Tumblr

FOTO: Tumblr

Het jy gehoor?

Beyoncé en Jay-Z oorweeg tydelik aparte paadjies …

Beyoncé en Jay-Z is al vir 5 jaar getroud en hulle het in 2008 hul dogter, Blue Ivy, verwelkom. Maar die huweliksbootjie is glo besig om te wankel …

Beyoncé oorweeg dit blykbaar om tyd apart van haar man, die sanger Jay-Z, deur te bring. Volgens Hollywood Life dink Beyoncé dat hy te selfsugtig is en nie sy gesin eerste stel nie.

Jay-Z het sy sangtoer dieselfde tyd beplan as wat Beyoncé se wêreldtoer aan die gang is. Dít beteken dat dié twee mekaar nie vir langer as ’n week kan sien nie, omdat hulle konstant in verskillende lande optree.

Blue Ivy toer saam met Beyoncé, terwyl haar pa glo in nagklubs baljaar en nie planne maak om sy gesin te sien nie. Toe Beyoncé besluit dít is genoeg, het Jay-Z vinnig op ’n vliegtuig geklim en by haar in Australië gaan kuier.

Maar die bron sê aan Hollywood Life dit was te min moeite te laat. “Beyoncé voel soos ’n enkelmoeder – en sy is nou moeg daarvoor.”

Die mooiste foto’s van Beyoncé en haar gesin

Alle foto’s van haar Tumblr-blad.
 

Bron: Hollywood Life

 

7de Laan-aktrise Donnalee Roberts en haar man het gister aangekondig dat hulle gaan skei. Sy het eksklusief met SARIE.com hieroor gepraat. Lees dit hier!

Donnalee