beyonce_knowles_go4celebrity
Het jy gehoor?

Beyoncé help kinders om meer te oefen

Sy het pas ’n liedjie geskryf en ’n stap-vir-stap-video opgeneem om kinders te motiveer om meer aktief te wees deur as’t ware saam met haar te dans.

Dit fokus is op kinders tussen die ouderdom van 12 en 15. Die veldtog staan bekend as die “Let’s Move! Flash Forward”-projek, wat hand-aan-hand met presidentsvrou Michelle Obama se “Let’s move” -projek loop.

Saam probeer die twee dinamiese vroue kinders se lewensgehalte verbeter deur hulle bewus te maak van die voordele van gesond eet en oefening.

Om te oefen hoef nie onaangenaam te wees nie, en hierdie is ’n wonderlike manier om kinders aan die gang te kry.

Michelle Obama is vasberade om kinders en jongmense oor die hele Amerika bewus te maak van die gevare van ’n ongesonde leefwyse. Sy streef daarna om ’n hele generasie die kopskuif na beter gesondheid te laat maak.

 

Let’s Move! is in Februarie 2010 gestig en die vyf kernbeginsels van die projek is:

  • Kinders moet van kleins af gesond leef
  • Ouers moet met kennis en die regte vaardighede bemagtig word  
  • Gesonde kos moet in skole verskaf word
  • Gesonde kos moet bekostigbaar en toeganklik wees 
  • Fisieke aktiwiteit moet bevorder word


Bronne:  www.fitperez.com

www.letsmove.com

  • http://mgeyhlkuebby.com/ tsxiimxiexw

    Lcr32w zjmgijcecnyo, [url=http://uwmqynvomywh.com/]uwmqynvomywh[/url], [link=http://digqinvzjftv.com/]digqinvzjftv[/link], http://rmueqwrpewel.com/

  • wsqvdptyiju

    VWwRNW dyhevcyioooh, [url=http://jefydivlhkxz.com/]jefydivlhkxz[/url], [link=http://zlbvefpdemvi.com/]zlbvefpdemvi[/link], http://roqbfdlmkmwx.com/