FOTO: Instagram beyonce

FOTO: Instagram beyonce

Het jy gehoor?

Beyoncé se veganistiese dieet: Kan dit vir jou werk? + 5 SARIE-diëte

Beyoncé is in die sop by haar aanhangers – en dít oor haar dieet, berig E! Online.

Die gewilde sangeres het aangekondig dat sy groot nuus op die oggendprogram Good Morning America gaan deel. Haar groot nuus? Dat sy vir 22 dae ’n veganistiese dieet volg om gewig te verloor. En as dit vir jou bekend klink, is jy heeltemal reg – sy het dié nuus reeds verlede jaar gedeel.

Die meeste van haar aanhangers het verwag dat sy veel groter nuus gaan deel.

Maar ons kan nie stry nie – die 33-jarige Beyoncé lyk goed.

FOTO: Tumblr i am beyonce

FOTO: Tumblr i am beyonce

Die dieetkundige Amanda Foti van Selvera.com vertel aan HollywoodLife.com om meer plant-gebaseerde kosse te eet is goed vir jou en sal moontlik tot gewigsverlies lei – mits dit oor ’n lang tydperk gedoen word.

Maar sy bly skepties dat eetgewoontes oor ’n kort termyn ’n wesenlike verskil sal maak.

Sal jy ’n veganistiese dieet (dit wil sê jy neem geen dier-produkte in nie) volg?

Sal jy ‘n veganistiese dieet volg?

  • JA
  • NEE

Diëte op SARIE.com

Verloor 10 kg vir altyd

blaarslaai wrap

“Jou liggaam het ’n ideale gewig waarna dit altyd neig. Dit verskil van mens tot mens, en van brandmaer tot ‘kussinkies’ op strategiese plekke. Maar as jy net 5 kg verloor en dit nie weer aansit nie, het dit reeds gesondheidsvoordele,” sê dr. Luc.

’n Dieet vir jou en hom

sk1012slaai9

Jy’s so verlief . . . maar die skaal trek swaar. Studies wys vroue in ’n vaste verhouding sit dikwels gewig aan. Want wie tel nou die kilojoules as jy skitter, veral as die liefde nog douvars is? Dis boonop tog te lekker om peuselhappies met jou geliefde te deel, nè?

Dieet vir insulienweerstandigheid

diabeet_5

 

Jy kan die dieet volg so lank jy wil. Saam met omega 3-aanvullings (1 000 mg per dag), genoeg rus en matige oefening sal dit help om jou insulien/bloedsuiker-wanbalans te herstel.

Dieet nét 2 dae van die week

sk0812smoothies02

Dit klink te goed om waar te wees: jy volg net twee dae van die week ‘n dieet. En jy word nie net maerder nie, maar kan glo ook langer leef.

Verloor gewig sónder dieet

kerrieboontjie_630w.jpg

Eers die slegte nuus: Die gemiddelde mens sit van ‘n halwe tot 1 kg gewig per jaar aan. Die goeie nuus? Jy kan dit voorkom as jy elke dag net 400 kJ minder inneem. As jy gewig wil verloor, moet jy 1 000 kJ per dag uit jou dieet sny.

 

Bron: E! OnlineSelvera.comHollywoodLife.com