FOTO Instagram / @usweekly

FOTO Instagram / @usweekly

Het jy gehoor?

Beyoncé vs. Adele

Gisteraand was dit nie net die Baftas nie, maar ook die Oscars vir musiek, die Grammy-musiektoekennings. Alle oë was op veral twee kunstenaars, Beyoncé en Adele. Albei is in die drie belangrikste kategorieë benoem: album van die jaar, opname van die jaar en liedjie van die jaar.

Wie het koning gekraai? Adele. Sy het in elke kategorie waarin sy benoem is, gewen.

Album van die jaar – 25 deur Adele

Opname van die jaar – “Hello” deur Adele

Liedjie van die jaar – “Hello” deur Adele

Beste popalbum – 25 deur Adele

Beste popsolo-uitvoering – Adele vir “Hello”

Nes die res van die wêreld is Adele ’n groot aanhanger van Beyoncé. Sy het Beyoncé bedank tydens haar toespraak toe sy haar toekenning vir album van die jaar gaan haal het.

“Ek kan onmoontlik hierdie toekenning aanvaar. Die kunstenaar van my lewe is Beyoncé. Jou album, Lemonade, is ongelooflik. Ons as kunstenaars waardeer jou, jy is ’n inspirasie. Ek is lief vir jou en sal jou altyd liefhê.”

Beyoncé het trane in haar oë gekry soos Adele haar bedank het.

Kyk hoe bedank Adele vir Beyoncé:

Vir die volledige lys van wenners klik hier.

Lees nou

Nóg een vir Emma Stone

Adam en Behati wys vir Dusty

Jak de Priester vier 15 jaar se sukses