FOTO Instagram

FOTO Instagram

Het jy gehoor?

Is Beyoncé weer swanger?

Gaan die glanspaar Beyoncé and Jay Z binnekort hul tweede kind verwelkom?

Life & Style Magazine berig dat die 33-jarige Single Ladies-sangeres danksy in vitro-behandelings weer swanger is.

’n Bron vertel dat sy nog nie gereed is om die nuus met die publiek te deel nie: “Alhoewel haar baba-boep skaars sigbaar is, is sy bang dat iemand dit sal sien. Sy steek haar maag weg wanneer sy uitgaan.”

Volgens Hollywood Life wil die paartjie die aankondiging op hul eie voorwaardes maak: “Hulle wil hul 3-jarige dogter, Blue Ivy, deel van die aankondiging maak, want hulle weet hoe graag sy ’n boetie of sussie wil hê.”

“Hulle probeer al vir ’n geruime tyd om weer swanger te raak en dit is moeilik wanneer dit nie gebeur nie. Hulle wil albei baie graag nog ’n kind hê,” het die bron bygevoeg.

Dit is nie die eerste keer dat daar gerugte is dat Beyoncé weer swanger is nie. Die wêreld het omtrent gegons toe sy vroeër vanjaar dié foto op Instagram gedeel het.

FOTO: Instagram beyonce

FOTO: Instagram beyonce

Beyoncé en Jay Z het ’n baba verloor voordat hulle vir Blue Ivy in 2012 verwelkom het.

Bronne: Life & Style Magazine en Hollywood Life

Lees ook