FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Is Beyoncé weer swanger?

Ondanks al die gerugte dat sangeres Beyoncé en manlief Jay Z op skei staan, beweer ander bronne nou dat Beyoncé swanger is …

Gaan Blue Ivy ousus word? Ons weet nie, maar die gerugte duik nou al hoe meer op dat Beyoncé swanger is. En nou het Jay Z ook olie op die vuur gegooi.

Tydens hul gesamentlike On the Run-wêreldtoer het Jay Z die lirieke van die liedjie “Beach is Better” verander. Pleks van te sê “I replace it with another one”, het hy gesê “Pregnant with another one”.

Beyoncé en haar man, Jay-Z FOTO: Tumblr

Beyoncé en haar man, Jay-Z
FOTO: Tumblr

Dié spesifieke optrede in Frankryk is opgeneem vir ’n televisie-opname wat volgende week in Amerika uitgesaai word.

Beyoncé het haar eerste swangerskap bevestig terwyl sy in 2011 by die MTV musiekvideo-toekennings opgetree het.

Beyoncé tydens haar eerste swangerskap FOTO: Gallo Images / Getty Images

Beyoncé tydens haar eerste swangerskap
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Beyoncé en Blue Ivy FOTO: Tumblr

Beyoncé en Blue Ivy
FOTO: Tumblr

Dié paartjie is al sedert 2008 getroud, maar daar was onlangs verskeie berigte dat hulle gaan skei.

Bron: The Sydney Morning Herald

Lees ook