FOTO Instagram / @Justinbieber

Het jy gehoor?

Biebs kom wéér SA toe

Beliebers, haal asem. Nie vlak nie, maar diep. Die Amerikaanse sanger Justin Bieber kom wéér Suid-Afrika toe. Dié keer is dit as deel van sy Purpose World Tour.

Die SA deel van sy toer word deur Discovery aangebied. Big Concerts het vanoggend die goeie nuus gedeel.

Wat moet die Beliebers weet?

Kaartjieverkope open op Donderdag 15 Desember om 09:00. Maar lede van Discovery kan vanaf Dinsdag 13 Desember begin koop.

Datums: 14 Mei 2017 – FNB-stadion, Johannesburg

17 Mei 2017 – Kaapstad-stadion, Kaapstad

JB-web-art3-8728f6b78d

Onthou jy nog?

In 2013 het ou Biebs, toe 19, die eerste keer in SA opgetree voor uitverkoopte skares van veral gillende meisies. In Joburg is sy konsertgeld gesteel en in Kaapstad het hy amok gemaak by ’n hotel, lees meer hier en hier.

Dit lyk tog of die 22-jarige ’n bietjie groter geword het. Hy het selfs vanjaar besluit om sy Instagram-profiel te verwyder.

Hier’s ’n paar van sy nuutste treffers:

Lees nou

Bekendes wys hul bloedjies

Komediant Amy Schumer gaan Barbie wees

Gewildste skoen op Pinterest