Het jy gehoor?

My Big Fat Greek Wedding is terug – dié keer ‘groter en vetter’!

My Big Fat Greek Wedding het wegholsukses in 2012 behaal. En nou kan ons uitsien na die opvolg …

Komediant Nia Vardalos sou nooit kon raai dat haar verhoogstuk Greek Wedding vir haar ’n Oscar-benoeming sou sorg nie. Dít is presies wat gebeur het nadat Tom Hanks se vrou, Rita Wilson, dít in Los Angeles gesien het en besluit om ’n fliek daarvan te maak.

Nia het die draaiboek geskryf en met Rita, Tom en swaargewig-vervaardiger Gary Goetzman wat haar ondersteun het, was dié film een van 2012 se suksesverhale. Nia is ook vir ’n Oscar benoem vir haar draaiboek.

Nou is Toula Portokalos (Nia) en Ian Miller (John Corbett) weer terug. En dié keer beloof hulle dié fliek gaan groter én vetter wees.

My-Big-Fat-Greek-Wedding

Sien jy uit vir die opvolg van My Big Fat Greek Wedding? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook– of Twitter-blad!

Bron: The Hollywood Reporter

 

  • Rochelle Kay

    Sover ek weet is die fliek in 2002 vrygestel en nie in 2012?