rachel
Het jy gehoor?

Biggest Loser-wenner gekritiseer omdat sy té veel gewig verloor

Die wenner van The Biggest Loser (seisoen 15) word nou gekritiseer omdat sy “te veel gewig verloor”.  Só berig E!Online.

Dié 24-jarige Rachel Frederickson het 70 kilogram verloor en sommige meet dit is té drasties.

“Die glorie van my wen-oomblik het nie lank gehou nie,” vertel sy. “Die negatiewe kommentaar oor my drastiese gewigsverlies het weer my selfvertroue geknak en ek was weer deur ander mense beïnvloed. Dié keer bly dit op die internet en gedruk in tydskrifte, vir ewig. Mense het probeer om my onder te kry, maar dankie vir almal wat my ondersteun het.”

 

Frederickson het gesê dat sy krag in haar uitdagings gevind het, en nou goeie dinge daaruit put.

“Ek het geweet dat as ek elke dag hard werk, die regte kos eet, ek uiteindelik sou kon wen,” vertel sy.

Die probleem?

Volgens IB Times is die grootste kritiek Rachel se huidige gewig: Frederickson het nou ‘n BMI van 18. Volgens ‘gesonde’ standaarde moet jou BMI tussen 18,5 en 24,9 wees. Sy weeg ook nou 47,6 kg en moet volgens haar lengte eerder tussen 53 kg en 64 kg weeg vir ‘n gesonde liggaamsgewig. Kenners meen sy het te veel gewig té gou verloor en dit is nie gesond nie.

Wat dink jy? Is Rachel se transformasie té drasties?

Lees die volledige artikel hier

Lees óók

Ons blogger Hélene Horak – “Ek het 70 kg verloor”