sr1308_koshoof
Het jy gehoor?

Biltong-en-gruyèresoufflé

genoeg vir 6

  • 125 g (135 ml) botter
  • 125 g (220 ml) koekmeel
  • 500 ml melk
  • 100 g fyn biltong
  • 100 g gruyère-kaas, fyngerasper
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 5 eiers, geskei

Smelt botter in groot pot. Roer meel by. Voeg melk op een slag by en klits met draadklitser tot al die klonte opgelos is. Laat sous verdik en gaar word terwyl jy stadig verder klits, sowat 3 – 5 minute. Verwyder van hitte en roer biltong en kaas by tot gesmelt. Geur goed met sout en peper. Laat tot kamertemperatuur afkoel. Verhit oond tot 180 °C. Voeg eiergele by en roer tot glad. Klits eierwitte tot sagte punte en vou by kaasmengsel in. Verdeel mengsel tussen 6 oondvaste 250 mlbakkies. Bak vir sowat 30 minute of tot goudbruin en gestol. Sit warm voor.