steve irvin
Het jy gehoor?

Bindi Irwin se hartroerende boodskap aan wyle pa Steve

Bindi Irwin het weer bewys dat die verhouding tussen ’n dogter en haar pa spesiaal bly – selfs ná sy dood. E! Online berig dat dié 17-jarige op sosiale media hulde gebring het aan haar pa, Steve Irwin “The Crocodile Hunter”. 

Sy het Sondag die wêreld se hartsnare geroer toe sy dié foto met haar duisende Instagram-volgelinge gedeel het.

A photo posted by Bindi Irwin (@bindisueirwin) on

“Dis vandag Vadersdag in Australië en almal vier dit by die dieretuin … Maak nie saak waar in die wêreld ek myself bevind nie, dié dag beteken baie vir my. My hart leef vir altyd by Australia Zoo, nes my pa s’n,” het die onderskrif gelees.

Australië vier Vadersdag op die eerste Sondag in September. 

Bindi neem tans deel aan die bekende dansreeks Dancing with the Stars. Volgens People is haar dansmaat, Derek Houghbeïndruk deur haar danspassies.

Dié trotse boorling van Australië het so tussen die oefen deur vir Derek met sy Australiese aksent gehelp.

A video posted by Bindi Irwin (@bindisueirwin) on

Steve, ’n natuurkenner en -bewaarder, is op 4 September 2006 oorlede toe hy tydens die verfilming van ’n dokumentêre program deur ’n pylstertvis in die bors gesteek is.

SARIE.com het vroeër berig hoe Steve Irwin se gesin sy nalatenskap bevorder.

Bronne: E! Online en People

Lees ook