Het jy gehoor?

Binneland-aktrise wys haar baba

Binneland se Daleen het op 10 Mei 2012 ma geword. Sy en haar man, Chris Gardner, se eersteling, James Gardner, is op dié dag gebore en hy is nou 5 maande oud.

Sy het vir sarie.com ‘n paar foto’s van die mannetjie gestuur. Die hooffoto is op 4 maande in hul sitkamer geneem.

Hier is James 5 maande oud en kuier hy saam met Ma en Pa op ‘n wildsplaas in Thabazimbi. (“Dis hoekom hy net ‘n doek en hoed aan het, want dis so ongelooflik warm daar!” sê Desiré).

Desiré en James (4 maande) op sy bedjie in sy kamer.

Desiré en James kuier by haar ma-hulle se huis. Hier is James 3 maande oud.

  • Karen

    Desiré bly n pragtige mens, en haar baba is net so mooi soos sy. Om ma te wees is die wonderliikste ervaring in n vrou se lewe, dit straal uit n mens uit. Sy is my gunsteling in Binnelanders. Geniet vir James. Groete, Karen

  • Jana Muller

    Pragtige baba en Ma, moenie van die Pa vergeet nie net so n mooi man!

  • Jags

    Yummy mummy…

  • Irene Manthey

    Ag hulle is te pragtig!!

  • Karin Behrens

    Sy speel baie goed in Wlwedans in die Skemer.

  • Sandra

    Sy het puik gespeel in Wolwedans.