Het jy gehoor?

‘Binneland’ se Daleen vier kleinding se eerste verjaarsdag

[box:full:grey:both]

Hoe het julle James se eerste verjaarsdag gevier?

Hy het by sy skooltjie ‘n partytjie op sy verjaarsdag gehad saam met sy agt maats in sy klas. Die volgende dag het die familie en vriende met al die kinders na ‘n wonderlike Spur in Johannesburg gegaan vir ‘n regte Spur-partytjie!

Dit was wonderlik om hierdie fantastiese kind se verjaarsdag só te kon vier!

Desiré Gardner

[/box]

Het James se koms jou lewe die afgelope jaar verander?

Ja, een honderd persent! Jou hele siening en perspektief verander: Skielik ken ons nou vir Mickey Mouse, Handy Manny en Doc McStuffins. Ons weet van verskillende tipe bottels en wipes en daai goed … maar meer as dit, besef jy die werklikheid van ‘n liefde wat nooit kán ophou nie. Mens begin leef in absolute dankbaarheid vir elke sekonde wat jou kind veilig is. Jy begin kyk met ‘n oog wat kieme, onveiligheid en gevaar kan waarneem.

Jy lewe vir jou kind, en wil hom leer van al die mooi dinge. Ek bid nou nóg harder en meer gereeld vir die toekoms van hierdie kind se lewe – ek wil hom net gelukkig sien.

Ek dink jou oë verander van ‘n mens s’n na ‘n ma s’n, en dis ‘n voorreg om te beleef!

Desiré Gardner

[box:full:grey:both]

Hoeveel ure slaap jy gemiddeld per nag?

Ek is te moeg om te onthou! Nee ek grap sommer. Dit hang af, as James gesond en gelukkig is, slaap hy soms vir ‘n goeie 10 ure – waarvan ek so 6-7 ure slaap. As hy siek word, is dit ‘n ander storie. Dan slaap hy so 3-4 ure ‘n nag.

[/box]

Wat hoop jy vir James se toekoms?

Natuurlik wens ek dat hy nooit sal seerkry, sy hart breek, verneder voel, en bang of kwaad sal wees nie. Maar ek weet dít is deel van grootword. Hy moet dié dinge beleef, want dit maak van hom ‘n sterk mens, ‘n goeie man, en ‘n kind wat weet dat hy van sy Vader in die Hemel afhanklik is.

So ek wens vir hom eerder wysheid toe, sodat hy uit slegte ervarings kan leer. Ek wens vir hom ‘n positiewe geaardheid toe, sodat hy die goeie in die lewe kan sien. Ek wil ook hê hy moet ‘n goeie sin vir humor hê en ‘n saggeaarde hart, dat hy ander sal help en liefhê.

En my droom vir hom is geluk en veiligheid.

[box:full:grey:both]

Desiré Gardner

Het julle planne vir nog kinders in die toekoms?

Ek sal nie omgee vir nóg ‘n kind nie, maar ek voel nie angstig of haastig nie. Hy of sy sal nes James opdaag op die bestemde tyd.

[/box]