Je-ani Swiegelaar lees nou
Het jy gehoor?

Binnelanders se Je-ani Swiegelaar skep Facebook-blad vir ‘vol’ vroue

Binnelanders-aktrise Je-ani Swiegelaar het ’n Facebook-blad vir “vol” vroue geskep. Met dié platform motiveer sy hulle om volhoubare leefstyl-veranderinge te maak en só van oortollige vetjies ontslae te raak. 

Vroue die land oor spits hul ore wanneer Je-ani wenke oor gewigsverlies gee, want sy het oor die laaste twee jaar stelselmatig 20 kg verloor. In die Maart-uitgawe van SARIE vertel Je-ani presies hoe sy die gewig verloor het én wat sy steeds doen om dit af te hou.

FOTO: Verskaf

Je-ani voordat sy gewig verloor het FOTO: Verskaf

Vir Je-ani is die term “vol” breër as om net na mense met voller figure te verwys: “Ek gebruik die woord … eerder omdat ons vol liefde, dapperheid en wilskrag is. ’n Formidabele vrou is ’n vrou wat eienaarskap van haarself en voorkoms neem. Sy is trots op hoe sy lyk, wie sy is en wat sy het om te bied. Die grootste geskenk wat jy vir jouself kan gee, is om jouself lief te hê.”

“Ek wil ook net noem dat ek nie ’n kenner op die gebied [dieetkunde] is nie. Ek weet wel wat ek die afgelope paar jaar geleer het en wat vir my gewerk het. Ek deel net my persoonlike ondervindings, ek waarborg nie dat julle gewig gaan verloor as julle presies doen wat ek doen nie, maar kom ons ondersteun mekaar en deel ons wenke,” het sy bygevoeg.

FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Je-ani is ’n “vol” vrou wat talle ander vroue inspireer: “Ek het  op gisteraand se episode gesien hoe maer en goed jy lyk in daardie ligblou bloes. Well done. Wens ek kon so uithou!” het Monya Jonck op Facebook geskryf.

Nog ’n aanhanger, Roxanne Klopper, het haar stem op die sosialemedia-platform laat hoor: “Wow, jy lyk stunning, hoe het jy dit reggekry?”

Kliek HIER om deel te raak van Je-ani Facebook-blad.

Lees ook 

Binnelanders-aktrise Je-ani Swiegelaar: 20 kg ligter

Shaleen Surtie-Richards verloor 8 kg

Verloor gewig sonder dieet – Rêrig! (Wenke 1 – 5)