FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Het jy gehoor?

Binnelanders-aktrise Je-ani Swiegelaar: 20 kg ligter

Met haar slanker, gesonder lyf en ’n paar nuwe verhoogrolle daarby, lyk 2015 na ’n blink jaar vir Binnelanders-aktrise Je-ani Swiegelaar. Maar om by dié punt te kom het ’n volle jaar en ’n groot kopskuif geverg.

Toe Je-ani Swiegelaar, bekend vir haar rol as suster Naomi Ferreira in die kykNET-sepie Binnelanders, verlede jaar by die KKNK gaan kuier het, het mense haar byna nie herken nie.

Sy het vier maande vantevore ’n nuwe eetpatroon begin volg en die verskil was reeds só groot dat ou vriende twee keer moes kyk om seker te maak dis sy.

Die komplimente het ingestroom en daarna het aanhangers haar op Facebook begin kontak om uit te vind wat haar geheim is. Die aanvraag was só groot dat sy ’n Facebook-groep gestig het waar sy haar wenke gedeel het, en die groep het saam-saam gewig verloor en mekaar gemotiveer om hul doelwitte te bereik.

Nou, ’n volle 20 kg ligter, voel Je-ani beter as ooit tevore.

VOOR:

FOTO: Verskaf

FOTO: Verskaf

NA:

FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

In die Maart-uitgawe van SARIE vertel Je-ani presies hoe sy die gewig verloor het én hoe sy dit afhou PLUS sy deel haar top-10 maerword-wenke!

Donnalee Roberts Maart 2015Lees nou