FOTO: Phyllis Green

Het jy gehoor?

Binnelanders-aktrise Quanita Adams vertel oor haar nuwe liefde

Sy laat ons gereeld skaterlag as die borrelende Zadie September in die kykNET-sepie Binnelanders. Tog is daar ’n ernstige kant aan die aktrise Quanita Adams.

Jy het ’n nuwe liefde in jou lewe. Vertel meer …

Mmm, ek wil nie nou nie. Ek’s net bly hy dink hy kan hierdie hair-do aan sy ma voorstel!

Jy is glo die grapjas op stel. Jy’s ook ’n skerpskertser. Hoe maklik of moeilik is dit om mense te laat lag?

My grappe kom uit my eie ondervinding. Ek sien die humor in alles raak en neem myself nie te ernstig op nie. Op stel spot ek gereeld met my kollegas. Eintlik het ons almal snaakse stories uit ons kultuur en agtergrond. Komedie verenig mense, dis ’n uitlaatklep vir al die negatiewe dinge om ons, soos Nkandla en e-tol.

Grootste lewensles?

Tensy iemand se lewe in gevaar is, is daar geen kwessie wat nie opgelos kan word nie. So hoekom jou bekommer?

AUGustus aug elma smitLees meer oor Quanita se ernstige kant in die Augustus-uitgawe van SARIE.