FOTO Instagram / @Justinbieber

FOTO Instagram / @Justinbieber

Het jy gehoor?

Bisarre Bieber: Wat’s fout met Justin?

Eers kry hy ’n tatoeëermerk op sy gesig en nóú weier hy om foto’s saam met sy aanhangers te neem. Is sanger Justin Bieber besig om sy varkies een vir een te verloor?

Sy gedrag raak die afgelope tyd net al vreemder. Donderdag het hy in ’n openbare park in Boston opskudding veroorsaak toe hy kaalvoet daar aankom en op ’n boomtak gaan sit, berig Boston Globe.

WHEN U WALKIN HOME FROM WORK AND @justinbieber IS TOO

A photo posted by Windsor Dalton (@windsordalton) on

 

  And another video haha aww   A video posted by JUSTIN BIEBER FANPAGE (@boysizzler) on

 

  I don’t want to sleep yet so here is a cute video of justin sitting in a tree   A video posted by JUSTIN BIEBER FANPAGE (@boysizzler) on

Terwyl hy rustig gesit en musiek luister het, het aanhangers rondom die boom gestaan en probeer foto’s neem.

Die vorige dag het hy op sosiale media geskryf dat hy niks meer foto’s met aanhangers gaan neem nie.

“Ek voel soos ’n dier in die dieretuin. En ek wil nou my verstand kan behou,” het hy in ’n lang boodskap geskryf.

A photo posted by Justin Bieber (@justinbieber) on

Van sy aanhangers, oftewel Beliebers, was glad nie beïndruk met Justin se nuwe reël nie en het hom goed sleggesê.

Justin het nie gehuiwer om te reageer nie.

“Dis al manier hoe ek langer kan aangaan,” het hy geskryf.

Hy is tans besig met die wêreldtoer vir sy derde album, Purpose. Alle ontmoetingsgeleenthede met aanhangers vir sy Purpose-toer is ook gekanselleer.

Love u guys.. I’m going to be canceling my meet and greets. I enjoy meeting such incredible people but I end up feeling so drained and filled with so much of other people’s spiritual energy that I end up so drained and unhappy.. Want to make people smile and happy but not at my expense and I always leave feeling mentally and emotionally exhausted to the point of depression .. The pressure of meeting people’s expectations of what I’m supposed to be is so much for me to handle and a lot on my shoulders. Never want to disappoint but I feel I would rather give you guys the show and my albums as promised. Can’t tell you how sorry I am, and wish it wasn’t so hard on me.. And I want to stay in the healthy mindset I’m in to give you the best show you have ever seen ;)

A photo posted by Justin Bieber (@justinbieber) on

In 2007 het popsanger Britney Spears ook vreemde dinge aangevang – soos om haar kop kaal te skeer in ’n salon. Sy het jare ná die insident erken dat sy vasgevang en vervreemd gevoel het.

Justin se wêreldtoer eindig op 29 November in Londen, Engeland.

Bronne: Rolling Stones, Daily Mail, Boston Globe

Lees nou

Prince – in pynpille se greep?

John Legend de josie in vir kubertrolle

Koningin Elizabeth vs die Obamas