Het jy gehoor?

Blake Lively die “nuwe” Carrie Bradshaw?

Behalwe vir die “sex” en die “city” is dit ontwerpershandsakke, -skoene en -klere net waar jy kyk.

En waar het jy al gehoor van ‘n man wat vir sy verloofde ‘n ring, en dit nogal met ’n swart diamant, koop ná sy hom verneuk het?

Net in Big en Carrie se wêreld.

Maar soms wonder ons tog: Wie was Carrie vóór Big? Carrie in die 80’s vóór die ghd. Parker met ‘n perm. Wat het toe in haar lewe aangegaan? 

Candace Bushnell het verlede jaar haar boek of “dagboek”, The Carrie Diaries, uitgereik. Daar is sprake dat die boek in ’n draaiboek omskep gaan word en dat Blake Lively die eerste keuse is vir die rol as die jonger weergawe van me Bradshaw.

En wie dan nou anders as dié fashionista van die bekende reeks Gossip Girl? By modevertonings sit sy immers gereeld in die voorste ry langs die berugte Anna Wintour, en Christian Louboutin het al ’n skoen na haar genoem. (Die Blake)

Volgens candacebushnell.com en die facebook-bladsy handel The Carrie Diaries oor Carrie toe sy nog ’n small town gal was. Jy ontmoet haar familie en sien hoe verhoudings haar manier van dink beïnvloed. Die boek speel af tydens haar finale jaar op hoërskool.

Bushnell se opvolg van The Carrie Diaries, Summer And The City, word in April vanjaar uitgereik. Dit handel onder meer oor hoe Carrie geleer het om op haar voete te dink, en hoe sy vir Samantha en Miranda ontmoet het. Summer And The City gaan oor die metamorfose van Carrie Bradshaw: Dit wys hoe sy verander het in die Carrie wat ons ken. 

Lees ook: Die núútste mode-trends

Sarah Jessica Parker
Sarha Jessica Parker Die buiteblad van die Verenigde Koninkryk-uitgawe
Blake Lively
Blake Lively Die buiteblad van Summer And The City

 

Wie sou jy graag wou hê moet die nuwe, uh-uh, ek bedoel die óú Carrie wees?