FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Het jy gehoor?

Blake Lively en Ryan Reynolds verwag tweede kind

Die aktrise Blake Lively en haar man, Ryan Reynolds, verwag hul tweede kind. Die paartjie is reeds die trotse ouers van ’n dogtertjie, James (16 maande).

People het dié nuus gedeel, hoewel die mooi maar private paartjie dit nog nie bevestig het nie.

Eerste foto van Ryan Reynolds en Blake Lively se pienkvoet, James

Blake se babamagie wys glo reeds en sy sal dít in styl op die rooi tapyt wys wanneer sy die Met Gala vroeg in Mei-maand bywoon.

Dié rokke het die wenkbroue laat lig by die Met Gala 2015

Die 28-jarige Blake en 39-jarige Ryan het nog altyd gesê hulle wil ’n groot gesin hê. En hoewel dié paartjie van buite af soos perfekte wesens lyk, sukkel hulle ook soos die res van ons met pienkvoete wat hulle saans wakker hou. Ryan het verlede jaar gegrap dat James allergies is vir slaap.

Enige nuwe ouer ken die gevoel!

Blake het in 2014 die modeblaaie met haar swangerskap-styl gehaal. Hier’s ’n paar van ons gunsteling-uitrustings.

Bron: People, Vogue