Het jy gehoor?

Hollywood-aktrise en Ryan Reynolds se vrou, Blake Lively, gaan begin blog

Dié 26-jarige Hollywood-aktrise volg in die GOOP-voetspore van Gwyneth Paltrow deurdat sy, soos Gwyneth, haar eie blog en aanlyn-winkel gaan begin.

Só lyk ‘n Hollywood-ster se Engelse tuinpartytjie

Alhoewel Blake nog nie veel wil sê oor haar blog nie, is sy baie opgewonde daaroor: “Ek sal my blog binne die volgende paar maande bekendstel en ek is uit my vel van opgewondenheid,” het sy aan Vogue gesê.

Blake het wel ’n paar leidrade oor die inhoud van haar blog gegee: “Dit gaan fokus op storievertelling en hoe om ’n unieke lewe te lei. Die een ding wat ek wel gaan sê, is dat dit anders gaan wees, dís verseker.”

Blake en Ryan is ’n baie private paartjie en ons wonder hoeveel van hul privaatlewe sy op haar blog gaan deel. Hou SARIE.com dop vir meer inligting oor Blake se blog.

Blake Lively & Ryan Reynolds vier 1ste huweliksherdenking

Bron: The Cut