Het jy gehoor?

Blake Lively & Ryan Reynolds vier 1ste huweliksherdenking

Dié verliefdes se eerste stop was by die SCAD Art Store om na van die nuwe kuns in die winkel te kyk. ’n Kunsstudent wat ook daar rondgekyk het, was uit die veld geslaan toe hy hulle daar sien. Hy het heel toevallig dié dag verjaar en kon nie wag om sy opgewondheid oor sy ontmoeting met die twee akteurs uit te basuin nie: “Het vandag vir Blake Lively en Ryan Reynolds ontmoet. Ek het vir my ma gesê sy moet nie te ’n groot bohaai daarvan maak nie, maar sy het aangedring op ’n foto saam met Blake – en toe bied Ryan aan om dit foto te neem. Ek kon doodgaan, van skaamte én opgewondenheid. Wat ‘n lekker verjaardaggeskenk?!”

Hy het ook opgemerk dat die paartjie baie plat op die aarde is. “Blake het net na die kuns gekyk en Ryan was soos enige ou wie se vrou hom winkel toe sleep. Hulle was net soos enige ander paartjie,” het hy gesê. Ander aanhangers het ook ’n kans gekry om ’n foto saam met die 26-jarige aktrise te neem. Sy het dié uitstappie in haar kenmerkende modestyl onderneem, in ’n kort, wit loergaatjie-kantrok en swart Converse-skoene.

blake-lively-ryan-reynolds

Blake Lively & Ryan Reynolds getroud

Hulle het daarna by Mrs Wilkes Dining Room gaan aansit vir ’n paar Suidelike gunstelinge soos gebraaide hoender, tuisgebakte koekies, macaroni-en-kaas, kool, vleisbrood (meatloaf) en botterbone. Volgens PEOPLE was die eienares in ekstase oor die twee se besoek aan haar restaurant. Toe sy hulle vra hoekom juis háár restaurant, het hulle gesê dis hul huweliksherdenking en hulle het nooit voorheen kans gehad om daar te gaan eet nie. “Ek voel geëerd dat hulle op hul herdenking in my restaurant kom eet het. Ek hoop hulle het dit geniet,” het die eienares gesê.

Die derde (en moontlik die laaste) stop vir Meneer en Mevrou Reynolds was by die Boone Hall Plantation in Mt. Pleasant. Ondanks hul taamlik goeie vermomming met hoede en sonbrille was die aanhangers vas oortuig dat dit wél hulle was. ’n Aanhanger het aan PEOPLE  gesê dat sy vreeslik graag ’n foto van die paartjie wou hê, maar dat dit te moeilik was om ’n behoorlike foto geneem te kry. “Hulle het net rustig rondgeloop en ‘met die oë gekoop’. Ek is nie eers seker of baie mense geweet het hulle was daar nie, juis omdat hulle so goed vermom was,” het die aanhanger vertel.

 

blake-3
blake-and-ryn

Blake-with-mom

FOTO’S: Die foto’s wat die aanhangers geneem en op hulle Facebook-profiele geplaas het. Hulle was omtrént beïndruk met hoe plat op die aarde en vriendelik dié paartjie is.

Bron: Celebuzz