FOTO Instagram / @blakelively

FOTO Instagram / @blakelively

Het jy gehoor?

Blake Lively: 29 en beeldskoon

Blake Lively kan in een woord opgesom word: Beeldskoon! Donderdag het dié Hollywood-aktrise 29 jaar oud geword.. As sy nie toneelspel nie, bak sy soos ’n boffin. Sy is getroud met die akteur Ryan Reynolds en verwag hul tweede kind. Praat van bedrywig.

Hier’s drie goed wat jy oor Blake Lively moet lees:

1. Só het Blake Lively haar bikini-lyf teruggekry

Die druk op ma’s om ná swangerskap terug te bons na hul oorspronklike figuur is oorweldigend. Maar as dit jou werk is om goed te lyk, soos in die geval van aktrise Blake, moet jy slim planne maak. Goeie gene help ook!

FOTO Instagram / @Blakelively

FOTO Instagram / @Blakelively

Glo dit of nie, maar net agt maande ná die geboorte van haar dogter, James, was die aktrise reeds “bikini-reg” vir ’n nuwe rol. Blake moes die rol van Nancy in die rolprent The Shallows vertolk en in die meeste van die tonele dra sy net ’n bikini.

Klik hier vir haar geheim. Dis so eenvoudig.

2. Stylvol swanger

Alle vroue is pragtig as hulle swanger is! En ’n swanger Blake is altyd in die kol met haar uitrustings.

FOTO: Instagram  @lorealparisusa"

FOTO: Instagram
@lorealparisusa”

Blake behoort elke swanger vrou se styl-ikoon te wees. Sy is nie vir ’n oomblik skaam om haar swangerskap-kurwes te wys nie.

Klik hier vir haar slim wenke vir ’n stylvolle swangerskap.

3. Bak soos Blake

Blake is mal daaroor om te bak. En sy sal dikwels tydens ’n verfilming vir die rolprentspan lekkernye bak. Dis immers hoe sy haar man, Ryan, se hart gesteel het, berig E! Online.

Nóú kan jy ook soos Blake bak, klik hier vir haar heerlike resep.

Vir die 29-jarige Blake is een ding die belangrikste: selfvertroue. Sy’t immers die volgende gesê:

“Die mooiste ding wat ’n vrou kan dra, is selfvertroue!”

– Blake Lively

Everyone thinks I was inspired by the princesses. If they only knew…

A photo posted by Blake Lively (@blakelively) on

Lees nou

Só het Blake Lively haar bikini-lyf teruggekry!

Blake Lively: stylvol en swanger

FOTO: Blake Lively – van blond tot brunet