_DSC5796asml
Het jy gehoor?

Blink uit met dié gewoontes

 

SARIE het uitblinkers gevra om hul gewoontes met ons te deel. Dít is wat Mej. SA Rolene Strauss en prof. Carol-Ann Benn sê.

ROLENE STRAUSS, Mej. Suid-Afrika

Beplanning en vooruit dink is belangrik. Ek besluit bv. elke aand wat ek die volgende dag gaan aantrek. Dis ’n eenvoudige voorbeeld, maar het my al ’n paar benoude oomblikke gespaar. My ma sê altyd daar is niks mooier as ’n goed versorgde vrou nie. Ek het dus gereelde skoonheidsroetines en versorg selfs my voete elke dag.

Lees meer oor Rolene HIER

PROF. CAROL-ANN BENN, spesialis-chirurg en hoof van die borssorgsentrum in die Milpark-hospitaal in Johannesburg

Omdat my kop en lyf altyd besig is, is ek baie gedissiplineerd. Ek dink dit help almal wat op enige gebied van haar lewe wil uitblink. As jy nie van nature gedissiplineerd is nie, omring jouself met mense wat is. Dis belangrik om iets aan die samelewing terug te gee. Ek help en mentor jongmense, want jou sukses word gemeet aan die sukses van die mense wat in jou voetspore volg.

dr carol-ann benn_18

september corne crous corné kim 7de laan

Lees nóg 15 uitblinkers (onder meer MasterChef se Kamini Pather, RSG se Martelize Brink en sanger Elvis Blue) se gewoontes in dié maand se SARIE. Nóú op die rak!