Donnalee Roberts Maart 2015
Het jy gehoor?

Blonde Donnalee Roberts – Blond of brunet, sy het áltyd pret!

Ons het haar leer ken as die donkerkop Annelie in die gewilde sepie 7de Laan. Maar deesdae spog Donnalee Roberts met ’n blonde kapsel. Sy vertel aan SARIE.com waarom sy dié besluit gemaak het en verklap wie het meer pret: blondines of donkerkoppe.

“Ek mis die donker krulkop,” skryf ’n SARIE.com-leser op sosiale media oor Donnalee se ligter hare. Dit verbaas Donnalee glad nie.

“Party mense mis die donkerkop en ander sê weer die ligter hare is ’n lekker verandering. Op ons sosiale platforms kry ek amper dubbel soveel positiewe as negatiewe terugvoer. Ek dink dit hang ook net af van watter platform dit is en wie op daardie oomblik tyd het om iets te skryf,” vertel sy.

Donnalee het ook nie altyd tyd om alles te lees wat oor haar geskryf word nie. “Soos wat ek ietsie van my doen-lysie afmerk, kom daar weer iets by. Op hierdie oomblik het ek nie tyd vir vakansie nie, maar a change is as good as a holiday.”

Maar haar verandering in haarkleur is nie net vir die pret en plesier nie: “Ek het my hare ligter gemaak vir my nuwe rol in die fliek Vir altyd.” Ivan Botha en Donnalee – die skrywers, vervaardigers én akteurs van die trefferfilm Pad na jou hart – span wéér kragte saam vir dié 2016-film. Lees meer hier.

“Vanuit ’n akteur se oogpunt is dit lekker om jou voorkoms te verander. Dit gee nóg ’n dimensie aan jou karakter.”

FOTO: Leana Clunies-Ross

Donnalee met haar donker hare in 2013
FOTO: Leana Clunies-Ross

Maar, is dit waar wat hulle sê? Het blondines werklik meer pret? “My hare was donkerder vir ’n projek en nou gaan ek ligter vir ’n volgende projek. Daar was vir my ewe veel genot in albei. Om te weet mens skep ’n spesifieke karakter vir ’n spesifieke film, bring vreugde.”

Donnalee se transformasie van brunet tot blondine het ook nie oornag gebeur nie. “Omdat my hare redelik donker was, was dit omtrent ’n jaar-lange proses. Ek het eintlik al met Pad na jou hart bietjie ligter begin gaan – ’n ligter skakering van bruin. Daarna het ek nóg ligter gegaan vir Ballade vir ’n enkeling en nou baie ligter. Só lyk elke karakter ook bietjie anders.”

Donnalee se wenke vir blond-word

  • As jy besluit om ’n drastiese verandering aan jou hare te maak, is dit baie belangrik om dit professioneel te laat doen.
  • Ek het nie my hare totaal blond gekleur nie, maar sonstrepies laat insit. Dit was vir my belangrik om my hare se kleur stelselmatig ligter te maak. Omdat my hare so donker was, kon drastiese verbleiking dit beskadig.
  • Wanneer ek nie aan ’n projek werk nie, probeer ek om my hare so natuurlik moontlik los.

Donnalee se moet-hê toestelle en produkte

  • Ek is baie lief vir Marokkaanse argon-olie. Nadat ek my hare was, sit ek dit op my nat hare en blaas dit dan droog. Dié natuurlike produk maak my hare gesond en sag.
  • ’n Goeie sjampoe, opknapper en behandeling is noodsaaklik. Ek gebruik L’Oreal se INOA. Dié sulfaat-vrye produkte is goed vir jou hare.
  • Ek het natuurlike krullerige hare. Maar ek het ook al ’n Brazilian blow-dry laat doen, sodat my hare nie so hard uitgeblaas hoef te word nie.
  • Die Veaudry myCurl Hair Styler is ’n ongelooflike stileertoestel om pragtige krulle te vorm. Dit maak die hare van binne droog sodat jou hare nie brand nie.

Professionele hulp

Donnalee werk en beweeg gereeld tussen Kaapstad en Johannesburg. Aan albei kante het sy professionele haarkappers wat haar help

  • Michelle Stanton, eienaar van Veaudry International in Fourways, Johannesburg
  • Tosca Hair and Beauty Salon in Kaapstad

Brunet of blond – wat verkies jy?

Hou jy van Donnalee as ‘n blondine?

  • JA
  • NEE

Ballade vir ’n enkeling draai vanaf 20 Maart 2015 in teaters.

Lees wat sê Donnalee oor dié rol én gebroke liefde in die Maart-uitgawe van SARIE. Nóú op die rakke!

Donnalee Roberts Maart 2015Lees nou