Karlien van Jaarsveld en Derick Hougaard by die Ghoemas in 2014 FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

Bloutapyt-styl by die Ghoemas

Die Ghoema-toekennings is gisteraand by Carnival City aan die Oos-Rand gehou en die bekendes wat daar was, het behoorlik gestraal. Hier is ons gunsteling-trends op die blou tapyt.

Die Ghoemas is kykNET se musiektoekennings wat jaarliks aangebied word om erkenning te gee aan talent in die Afrikaanse musiekbedryf. Vir die afgelope drie jaar skitter die sterre op die blou tapyt, kykNET se weergawe van die rooi tapyt, en vanjaar was geen uitsondering nie.

Stylvol & neutraal

Natuurlike en neutrale skakerings soos ivoor en beige was nie net ’n treffer by vanjaar se Oscars nie, maar ook op plaaslike front by die Ghoemas. Karlien van Jaarsveld en Charlize Berg was van die aand se mooistes in hul neutrale rokke.

Fraai en kort

Binnelanders se Pascal Pienaar en Zeena Edwards. Pascal se kantrok was kort én neutraal FOTO: Twitter

Binnelanders se Pascal Pienaar en Zeena Edwards.
Pascal se kantrok was kort én neutraal – lees hier hoe Pascal haar figuur so slank hou.
FOTO: Twitter

Die jonger bekendes het been gewys in kort rokke van kant. Juanita du Plessis se dogter, Franja, het ’n klassieke swart rok van kant gedra. Reynardt Hugo van die musiekgroep ADAM se meisie, An-Maré Roothman, het self klassiek gelyk in haar vlootblou knielengte rok van kant met bruin wighakke.

Klassieke kant

Kant is een van die groot tendense op die blou tapyt. Ongeag die kleur, lengte en styl van die sterre se rokke, was kant keer op keer die top-keuse. Kyk net hoe mooi het Corlea en Pieter Koen se vrou, Lotie, gelyk in hul kantrokke.

Ander sterre wat pragtig gelyk het in kant, was Binnelanders se Desiré Gardner, Zeena Edwards en Pascal Pienaar (foto bo). Franja du Plessis, Karlien van Jaarsveld en Charlize Berg het ook dié trend gevolg.

Seeblou

Kurt Darren se vrou, Dunay van Heerden, en Desiré het albei uitgestaan in hul rokke van skakerings van seeblou. Dié rokke was ook van kant gemaak.

Dunay het onlangs haar meestersgraad in sielkunde verwerf

Wys ’n bietjie vel

Willem Botha se metgesel, Charné Marnewick, het lyf gewys in haar noupassende rok.

Willem Botha en Charné Marnewick - haar rok is van F Wilson Fashion FOTO: Twitter

Willem Botha en Charné Marnewick – haar rok is van F Wilson Fashion.
FOTO: Twitter

Leah van Niekerk, sangeres en aktrise in As jy sing, het ook lyf gewys. Sy het een van die seisoen se grootste modes, die crop top, gedra.

Kyk hier na Leah se troufoto’s

Leah by Pieter Koen, Willem Botha en die sangeres Monique FOTO: Twitter

Leah (heel links) by Pieter Koen, Willem Botha en die sangeres Monique.
FOTO: Twitter

Leah se wit uitrusting herinner baie aan die uitrusting wat die Hollywood-ster Jessica Alba die naweek by die MTV Movie Awards gedra het.

Jessica Alba in haar wit crop top by haar mooimaak-span FOTO: Instagram (@jessicaalba)

Jessica Alba in haar wit crop top by haar mooimaak-span.
FOTO: Instagram (@jessicaalba)

Geometries

Dit lyk asof die geometriese styl nog lank in die mode gaan wees, veral as jy kyk na al die vroue wat dié trend by die Ghoemas gevolg het. Riana Nel en Elvis Blue se vrou, Chireze, het dié trend omarm.

Kyk hoe verlief lyk Bok van Blerk en Hanna Grobler, wat onlangs in die Bosveld getrou het.

Hanna se geometriese rok in vlootblou en wit is nog een van Anél Botha Couture se skeppings FOTO: Twitter

Hanna se geometriese rok in vlootblou en wit is nog een van Anel Botha Couture se skeppings.
FOTO: Twitter

En die Ghoema-wenners is…

  • Nuweling van die jaar: Joshua na die Reën
  • Beste liedjieskrywer: Joe Niemand
  • Beste DVD-produksie: Die Heuwels Fantasties
  • Beste instrumentele album: Ockie Vermeulen vir Obsession
  • Beste geestelike album: Joe Niemand vir Genoeg is Genoeg
  • Beste kinderalbum of -DVD: Carike Keuzenkamp
  • Beste vervaardiger: Robin Kelly vir Hande van Karlien van Jaarsveld
  • Beste rock-album: Van Coke Kartel
  • Beste alternatiewe album: Daniel Eeuwrick vir Op ʼn leë paron
  • Beste boeremusiek-album: Dylan Emslie en sy orkes
  • Beste kontemporêre album deur ʼn manlike kunstenaar: Joshua na die Reën
  • Beste kontemporêre album deur ʼn vroulike kunstenaar: Andriëtte
  • Beste pop-album deur ʼn manlike kunstenaar: Jay vir Dis hoe ons rol
  • Beste pop-album deur ʼn vroulike kunstenaar: Karlien van Jaarsveld vir Uitklophou
  • Beste album deur ʼn duo of groep (pop/kontemporêr): 4Werke
  • Liedjie van die jaar: “Superhero” deur Eden
  • Musiekvideo van die jaar: Eens in ʼn leeftyd deur Bobby van Jaarsveld en Riana Nel
  • Groep van die jaar: Van Coke Kartel
  • Beste vroulike kunstenaar van die jaar: Karlien van Jaarsveld
  • Beste manlike kunstenaar van die jaar: Elvis Blue
  • Beste verkoper van die jaar: Karlien van Jaarsveld se Uitklophou
  • Beste album van die jaar: Elvis Blue se Afrikaans

Bykomende bron: Maroela Media