FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

‘Blue Jasmine’ was amper te veel vir Cate

Terwyl sy aan die nuwe Woody Allen-fliek, Blue Jasmine, gewerk het, het dit vir Cate Blanchett gevoel of sy dié keer te veel aangepak het.

Die Golden Globe-bekroonde aktrise het dié erkenning onlangs in ’n onderhoud met Dolly Jones van Vogue gemaak.

Die mooiste skoonheid by die Golden Globes

FOTO: Armani

FOTO: Armani

“Dit was so ’n komplekse, absurde, intense rol – dit was soos om elke dag na ’n slagveld toe te gaan,” sê die aktrise, wat Sondagaand by die Golden Globes in Armani Privé op die rooi tapyt verskyn het. Sy het by dié toekenningsgeleentheid weggestap met die gesogte prys as beste aktrise in ’n drama-rolprent vir haar spel in Blue Jasmine.

Hier is ons gunsteling-uitrustings by dié jaar se Golden Globes

Haar spel in dié fliek het haar ook ’n BAFTA-benoeming besorg en sy is een van die jaar se gunstelinge om met ’n Oscar weg te stap. Die vorige keer wat Cate ’n Oscar gewen het, was in 2004 vir haar spel as Katharine Hepburn teenoor Leonardo DiCaprio in The Aviators.

Leonardo was byna haaikos in Suid-Afrika

Sy hou daarvan om kanse te vat met haar fliekkeuses. “Ek dink as iets nie ten minste ’n bietjie van ’n risiko is nie, is dit dalk nie so interessant nie,” sê Cate.

Cate Blanchett in 'Blue Jasmine'. FOTO: YouTube

Cate Blanchett in ‘Blue Jasmine’. FOTO: YouTube

Een van die goed wat haar die meeste verstom het in die fliekbedryf, was dat rolprente maak nie werklik soveel makliker is as om ’n teaterproduksie op die been te bring nie. Mense sê altyd jy kan in flieks die werk afrond tot perfeksie, maar op die verhoog moet jy maak werk met wat jy kry. Cate sing egter ’n ander deuntjie.

“Die geld raak op; die draaiboek verander aanhoudend; die beligting moet net reg wees. Dis moeilik,” sê sy.

Wat dink jy? Gaan Cate dié jaar haar tweede Oscar wen? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook– of Twitter-blad!

Bron: Vogue