Het jy gehoor?

Kyk wat doen SARIE by die KKNK

Kyk net wie was al almal daar vandat die fees begin het.

Maak ook seker jy maak ’n draai by ons koffiewinkel in die C.P. Nel-museum vir ’n lafenis en moenie ons NUWE sterbelaaide vertoning van Afri-Spaans misloop nie! Kunstenaars soos Steve Hofmeyr, Sandra Prinsloo, Colombiaanse sangeres Marta Gómez, Anna Davel, CH2, Matthys Maree, David Klassen en Juan Oosthuizen is daarin te sien.

Arno Jordaan en sy verloofde kuier by SARIEHannon Bothma saam met Lou-Anne en Dale van SARIE

Wat die feestelikheid betref, bederf SARIE jou weer. En ’n nuutjie vanjaar – jy kan ook die span van sarie.com by die fees ontmoet. Jy kan alles leer oor SARIE en die jongste tegnologie, soos digitale SARIE, die SARIE resep-widget, sarie.com se agter-die-skerm-video’s en veel meer.

Daar is ook elke dag geskenke vir SARIE-lesers wat die QR-kode in die dorp raaksien, dit skandeer en die instruksies volg.

&aposn Paar lesers scan die QR-kode vir &aposn geskenkHier is ons stalletjie!SARIE lesers in die stalletjie

Volg ons ook op Twitter en Facebook vir al die aksie, soos dit op die fees gebeur.

Daar is ook elke dag ‘n video-blog van die dag se gebeure. Hier is dag 1 en 2:

Jak de Priester en sy vriende het ook kom draaiLaborie Hoërskool van die Paarl se hokkiespanJak de Priester wys die kinders &aposn paar danspassies