salma
Het jy gehoor?

Só bly Salma Hayek jonk!

Nes goeie rooiwyn raak die aktrise Salma Hayek net beter met tyd. En nou deel sy skoonheidsgeheime, berig People

Die 48-jarige swartkop het onlangs die koppe laat draai toe sy vir haar nuwe fliek, Kahlil Gibran’s The Prophet, op die rooi tapyt verskyn het. 

Apart from being the producer of the movie, Salma Hayek voices Kamila, little Almitra’s mother in “Kahlil Gibran’s The…

Posted by Kahlil Gibran’s The Prophet on Thursday, April 2, 2015

Op die vraag oor hoe sy so jonk lyk, het sy geantwoord: “Ek drink ’n middel wat beensous genoem word. Dit is ’n bietjie walglik, want jy vat ’n klomp bene (van ’n bees) en kook dit stadig vir ’n hele paar uur,” het sy aan die tydskrif verduidelik.

Salma voeg dan ’n eetlepel appelwyn (cider) by en drink daagliks ’n koppie van dié mengsel.

Sy het ook vroeër vanjaar aan Entertainment Tonight vertel hoekom sy nog nooit botox nodig gehad het nie: “Ek gebruik ’n bestanddeel wat tepezcohuite genoem word. In Mexiko word dit op brandslagoffers gebruik omdat dit die vel heeltemal regenereer.”

Bronne: People en Entertainment Tonight

Lees ook