bobby_rz
Het jy gehoor?

Bobby dink tweeling op pad

Hulle het onlangs uitgevind sy is swanger en teen die koers wat haar magie groter word, wonder hulle of daar nie twee babatjies op pad is nie, het Bobby laggend aan SARIE gesê.

“Daar is baie tweelinge in haar familie, so ons wonder…”
Hulle weet nog nie hoe ver sy is nie, want hulle het nog net ’n tuis-swangerskaptoets gedoen. Die eerste sonar is oor twee weke. “Ons sien baie uit!”

Intussen waak hulle by klein Sion, hul ses maande ou seuntjie, wat Maandag in die Kloof-hospitaal in Pretoria opgeneem is vir brongitis. Hulle hoop hy word Saterdag ontslaan.

  • Ronel

    Sterkte met die swangerskap en geniet dit! Hoop klein Sion word gou beter. Jul in my gebede!

  • Ronel

    Sterkte met die swangerskap en geniet dit! Hoop klein Sion word gou beter. Jul in my gebede!

  • Grietha

    Hoop Sion word gou beter. Geniet die swangerskap!

  • Anna-Mari Meirintg

    Glo dat Sion gesond sal word, ons bid daarvoor, wag inspanning oor die swangerskap.

  • Martine

    Hoop vir julle part dit is ‘n 2ling! Ek het 2ling dogterjies en hulle is nou ses maande was my 2 de swangerskap en my maag het net so gou begin wys!! En ‘n 2ling kom van die vrou af so enige iets is moontlik!!

  • Charmaine

    Sterkte julle ek hoop Sion word gou beter en dat alles goed sal verloop met die swangerskap :)

  • Mayrene Spray

    Bid dat jul kleinding gou gesond word Bobby en Annatjie. Sterkte en vertrou net op ons Heer, Hy is getrou.

  • Meisie

    Die arme kinders het mos gese hulle "glo nie in geboortebeperking nie". Duidelik baie vrugbaar ook nog. Dinge behoort interessant te raak vorentoe!

  • Chantel

    Om ‘n 2ling te he is iets baie besonders. Daar is nie een verveelde oomblik nie. Baie geluk Bobby. En moet jou nie steur aan al die kommentaar nie. Ek het ook 4 dogters in 3 jaar gehad

  • cynthia

    Mag die HERE met julle wees in die tyd wat sion siek is , en voorspoed vir die sonar wat volg

    julle in ons gebede

  • hannetjie

    Geniet die swangeskap en gesondheid vir Sion.