aw4jk2wcqaavrpv
Het jy gehoor?

Bobby en gesin geniet Israel-son – nog foto’s

Dié sanger se Facebook-blad gons die afgelope naweek met foto’s en boodskappe waar Bobby vertel van hul vakansie-doen-en-late.

Op die dag van hul vertrek het Bobby spesiaal op sy Facebook-blad sy aanhangers gegroet. “Ons vlieg nou Israel toe vir 3 weke. Geen Twitter of selfoon nie!!” Maar dit het hom nie gekeer om te wys hoe klein Sion sy vakansie oorsee geniet nie.

Volgens Facebook het Bobby en Annatjie Saterdag luilekker op die strand gelê terwyl Sion bottel gedrink het en ma Ronel na hom gekyk het.

Hulle het ook vertel hoe Bobby Sondagaand ‘n prys- en aanbiddingsbyeenkoms (worship) op ‘n houtskuit op die See van Galilea gelei het. Volgens Ronel was dit “onmoontlik om die ervaring te beskryf!” Hy was baie opgewonde oor dié toer, veral omdat hy sy vrou en kind kon saamvat. “Ek sien nou al so lank daarna uit om Israel saam met my vrou en kind te beleef. Ek was nou al twee keer daar, maar Anna was nog nooit daar nie,” het hy in sy nuusbrief geskryf.

Sion in Israel

Sion in Israel

Volgens Bobby se webtuiste sal hul tot die 12de Julie nog die Israel-son geniet. Annatjie verwag tans hul tweede seun.

Hier’s ‘n paar foto’s van ma Ronel op haar Twitterblad met almal gedeel het

Bobby en kleinsus Cara

Bobby en kleinsus Cara

Bobby swem in die Ein Gedi-watervalle naby die Dooie See

Bobby swem by die Ein Gedi-waterval

Die strand, Eilat

Eilat-strand

42 grade Celcius in Eilat

Eilat-strand

Die Jeep waarmee hulle deur die berge is

Die Jeep waarmee Bobby-hulle deur die woestyngebergtes getoer het

Bobby sing by vanjaar se SARIE KOS Extravanganza - bespreek vandag nog jou kaartjies.