FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Het jy gehoor?

Bobby gee 8 wenke vir ’n gelukkige huwelik

Bobby van Jaarsveld en sy vrou, Annetjie, is al vir drie jaar gelukkig getroud. Hy verklap die geheime vir hul gelukkige huwelik aan SARIE.com.

“Ons sit maar so nou en dan vas oor ’n paar dinge. Annetjie is meer van ’n free spirit terwyl ek baie presies is. Sy los die ligte aan en is soms slordig en dan tel ek maar als op,” sê Bobby oor sy en Annetjie se huwelik. Maar hulle huwelik wérk, sê Bobby.

Só het Annetjie haar man op sy verjaardag verras

“Die grootste geskenk wat jy vir jou kinders kan gee, is om hul ma lief te hê,” voeg die pa van twee by. Bobby en Annatjie is die trotse ouers van Sion en Leben.

Dié huwelike hóú!

Bobby se 8 wenke vir ’n gelukkige huwelik

1. Moenie mekaar probeer verander nie

Maak seker jy weet met wie jy trou en aanvaar dan wie daardie persoon is, of los dit eerder net heeltemal.

2. Jy’s nie altyd reg nie

Moenie altyd probeer reg wees nie! Probeer om die ander een se punt in te sien.

3. Praat met mekaar

Ek’s nie ’n goeie prater nie, maar ek leer. Jy moet die dinge waaroor jy baklei uitpraat. Kommunikeer met mekaar.

4. Moet dit nie oordink nie

Vroue overthink goed partykeer, terwyl mans baie vinnig daarvan vergeet. Probeer om nie te veel oor goed na te dink nie en besef wanneer jy iets kan vergeet en aangaan.

5. Gaan saam weg

Ons is mal daaroor om weg te gaan. Ons gaan omtrent twee keer ’n jaar sonder die kinders weg. Dit raak lank om hulle nie vir ’n week te sien nie, maar dis iets wat mens moet doen.

Bobby en Annatjie in Zanzibar vroeër vanjaar FOTO: Twitter @bobbyvjaarsveld

Bobby en Annatjie in Zanzibar vroeër vanjaar
FOTO: Twitter @bobbyvjaarsveld

6. Leer mekaar ken

Doen altyd moeite om mekaar te leer ken. Julle gaan tot op jul oudag nog nuwe goed van mekaar leer – besef dit.

7. Vind mekaar

As dit ooit voel of julle uitmekaar groei – probeer mekaar weer vind. Sit jou selfoon af, los die kinders by Ouma en Oupa, gaan weg vir ’n week en leer mekaar weer opnuut ken.

8. Date night

Ons probeer om een keer ’n week sonder ons kinders op ’n date te gaan. Ons eet uit, kyk ’n fliek en gesels sommer net.

Volgende week loer ons by nóg iemand in om te hoor wat hulle huwelik maak werk.

Wat is die geheim van jóú gelukkige huwelik? Los kommentaar onder dié artikel of deel dit met ons op Facebook of Twitter, of e-pos Elmari.deVos@media24.com.