FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Het jy gehoor?

Bobby deel wenke oor vaderskap met Arno

Dit lyk asof Bobby van Jaarsveld graag sy ervaring as pa met nuwe pa Arno Jordaan deel. Bobby is die pa van twee, Sion en Leben, en Arno het sy eersteling, Milan, in Desember verwelkom.

Bobby het gisteraand wysheid oor ouerskap met sy vriend gedeel. Arno het dié foto en boodskap vanoggend op Twitter gedeel.

Arno en ander bekendes wys hul babas

Bobby, wie se ousus Karlien ook in Desember ma geword het, het op dié twiet gereageer deur te vertel dat hulle tot halfvier vanoggend met die kinders besig was, niks geslaap het nie en reeds weer op die pad is.

Bobby duik saam met ’n walvishaai

Bobby, wat Meneer Conradie in As jy sing gespeel het, het dié week nog goeie nuus gekry. Die lied “Totaal finaal”, wat op die klankbaan van As jy sing is, het onlangs eerste plek op Jacaranda FM se Afrikaanse top-20 gehaal.

Kyk hier na Bobby se musiekvideo vir “Totaal Finaal”.

WAT IS JOU RAAD AAN NUWE PA ARNO? Lewer kommentaar hieronder of op SARIE se Facebook- of Twitter-blad.