img_7987
Het jy gehoor?

Bobby-hulle se Sion siek

“Dis maar vir enige ouer ’n skok,” het Bobby pas aan SARIE gesê. “Jy voel baie magteloos.”
Dis veral swaar vir Annatjie, sy vrou, wat weer swanger is. “Dis moeilik om hierdeur te gaan terwyl sy swanger is, maar sy hanteer dit eintlik baie goed,” sê hy.

Sion het sowat drie weke gelede siek geraak, maar hulle het eers gedink dis net verkoue. Dit het toenemend erger geraak en in brongitis ontaard. Toe hulle vir die derde keer in hierdie tyd met hom na hul huisdokter toe gaan, het dié gesê klein Sion moet in die hospitaal opgeneem word.

Hy’s sedert Maandag in isolasie in die Kloof-hospitaal in Pretoria. “Hulle hou maar net die longetjies dop,” sê Bobby. “Ons kan niks doen om hom te laat beter voel nie, ons kan net bid en smile.”
Hulle hoop hy kan Saterdag huis toe gaan. Intussen is hulle soveel moontlik by hom. “Anna slaap hier. Ek is tussen die hospitaal en die ateljee.”

Toe die hospitaal-personeel gister vir Sion ’n drup ingesit het, het Annatjie erger gehuil as Sion, vertel Bobby met ’n laggie. “Ag maar eintlik is sy baie sterk.”

  • Maritza

    Sterkte Bobby en Annatjie. My seuntjie was ook al vir 5 daggies in hospitaal met longontsteking en dit was vir my ook baie uitputtend om hom so te sien en mens kan niks doen nie. Vertrou hy word sommer gou gesond! Dink aan julle. Xx

  • Rochelle

    ….en ek dog hulle wil hom " uit die kollig hou" …as elke kindersiekte ‘n media aangeleentheid gaan word, dan gaan hulle dit nie regtig reg kry nie- -of is dit die media wat nie hulle privaatheid kan ( of wil ) respekteer nie).

  • RINDI SCHEEPERS

    STERKTE MET JULLE SEUNTJIE. JESUS bly ons GROOT GENEESHEER! Mag hy sommer gou weer, homself wees!
    Pas jouself mooi op Annatjie!
    Rindi