FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Het jy gehoor?

Bobby ingedoen met aanlyn-verkope

“Polisiestasie is altyd ’n lekker plek om te wees…………. NOT. Besig om ’n saak van diefstal oop te maak na ons goed op OLX ‘verkoop’ is,” twiet Bobby van Jaarsveld.

Dít is nadat Bobby en sy vrou, Annatjie, hul eetkamerstel deur ’n webtuiste wou verkoop. Volgens Bobby het hy besluit om hul eetkamerstel (met plek vir 10 tot 12 mense) op dié webblad te verkoop omdat hy en Annatjie gedink het dis tyd vir ’n nuwe stel.

Volgens hom het ’n koper hom gekontak en aangebied om R15 000 vir die eetkamerstel te betaal. Dié persoon het glo sy water-en-elektrisiteitrekening en bewys van behuising aan die sanger gestuur voordat die transaksie beklink kon word.

“Hy het vir ons ’n bewys van betaling ook gestuur,” sê Bobby aan SARIE.com. Maar die geld is nie in die Van Jaarsvelds se rekening oorgeplaas nie. Hy verduidelik dat die koper toe aan hom gesê het dat die geld nie dadelik inbetaal is nie, omdat hul rekeninge by verskillende banke is.

Bobby het toe glo selfs die mense gehelp om die eetkamerstel te laai, maar steeds nie geld ontvang nie.

“Toe dit bietjie lank word en ek die ou weer bel om te hoor waar die geld is, was sy foon af.”

Dis toe dat die Van Jaarsvelds prokureurs toe is. Bobby sê die prokureurs het hom meegedeel dat die identiteitsdokumente en ander bewyse als vervals is. En toe hy die naam van die koper aan die polisie gee, het hulle vertel dat hulle dié man al lank soek.

“Ons hoop nou maar net die versekering betaal uit,” het ’n verslae Bobby gesê.

HET JY OF IEMAND WAT JY KEN DIESELFDE OORGEKOM? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

  • zandre

    Dieselfde het met ons ook gebeur!! Ons het ons boë adverteer op verskeie webtuistes. n Man het my via sms gekontak om te vra of die boë nog beskikbaar is (totaal van altwee boë was R12000).

    Hy het die geld in ons rekening inbetaal – ek het selfs ‘n sms van die bank af ontvang om te bevestig dat Rx in ons rekening inbetaal is, dit was die Sondag. So goedgesind soos wat ons is, het ons die volgende dag in Johannesburg die boë vir die man se “seun” gaan aflaai.

    Die man het my 2 dae later gesms om te vra of daar nie dalk nog ‘n bedrag in ons rekening inbetaal is nie, want sy vrou het betalings gedoen en dink sy het R9000 in ‘n verkeerde rekening inbetaal….sowaar – daar was ‘n inbetaling van die R12000 asook die R9000!

    Die volgende dag was altwee die bedrae uit ons rekening uit – dit kom toe uit dat dit ‘n tjek was van R12000 wat inbetaal is, en toe gestop is. Die mense betaal aspris ‘n tweede bedrag in en sodra jy bevestig dat altwee bedrae op jou staat vertoon, dan kanselleer hulle altwee tjeks!

    Ons bank sê net jammer, dis nie hulle probleem nie. Hulle kan niks doen nie. Nou ja…..so het ons ons boë toe verloor! Nodeloos om te sê – die man wat met my kontak gemaak het – David – se sel nommer bestaan ewe skielik nie eens meer nie! Die “seun” se nommer bly ook onbeantwoord – al bel jy van ‘n heel ander nommer af.