FOTO: Instagram/@Karlienvanjaarsveld

FOTO: Instagram/@Karlienvanjaarsveld

Het jy gehoor?

Bobby, Karlien en sus Cara help kinders

As hulle nie sing nie, help Bobby van Jaarsveld en sy ousus, Karlien, die aktrise Hanna Grobler met ‘n projek van haar liefdadigheidsorganisasie, Hanna Charity and Empowerment Foundation.

Op die oomblik help hulle met die bou en ontwikkeling van ʼn Pikanini Educare-sentrum in ʼn woonwapark in Benoni aan die Oos-Rand.

Bobby en Karlien lees nou

Die Pikanini-sentrums – daar is reeds drie, en aan die einde van Mei sal daar vyf landwyd wees – is ’n projek van Hanna se tien jaar oue stigting, wat agt jaar gelede geregistreer is as ’n nie-regeringsorganisasie.

Die sentrums verskaf opvoeding en versorging aan behoeftige kinders. By sommige van die sentrums is daar gekwalifiseerde onderwysers, maar baie kinders kom daarheen vir kos omdat hulle tuis broodgebrek ly.

Hanna en haar man, Bok van Blerk FOTO: Twitter

Hanna en haar man, Bok van Blerk
FOTO: Twitter

Hanna sê die Pikanini-sentrums is meestal  ʼn Wendy-huisie wat in behoeftige woonbuurt opgerig word op ʼn beskikbare erf of stukkie grond. Die Hanna Charity betaal dan die huurgeld  aan die grondeienaar en lewer die diens aan die buurt se inwoners. Dis juis waarmee Bobby en Karlien nou in Benoni help.

“Daar is baie behoeftige inwoners, en die badkamers en kombuis op die perseel is oud en verwaarloos. Bobby en Karlien bou en laat werk nou aan die gebou en rig ʼn groot Wendy-huis en klimraam op. Ook hul ma, Ronel Brink, is aktief betrokke by die projek. Die sentrum maak Dinsdag 2 Mei amptelik oop,” vertel Hanna aan Fanie Cronjé.

Karlien het toevallig jare gelede vrywilligerswerk gedoen by die eerste Pikanini-sentrum, die een in Elandspoort, Pretoria.

Bobby en Karlien se kleinsus, Cara, wat verlede jaar matriek geskryf het en vanjaar  ʼn oorbruggingsjaar (gap-jaar) neem, is ’n voltydse vrywilliger by Hanna Charity. Sy werk by Wolmer en Elandspoort se Pikanini-sentrums en help namiddae die skoolkinders met huiswerk.

Cara brink hanna Charity

FOTO: Verskaf

Cara brink hanna Charity

Kleinsus Cara Brink saam met die kinders by ‘n Pikanini-sentrum. FOTO: Verskaf

Vanjaar het Hanna besluit om op haar liefdadigheidswerk te fokus pleks van toneelspel.

“Ek het al in die verlede afgevat en ek kon toe sien hoe die projek groei in daardie tyd. Dit beteken nie my loopbaan as aktrise is verby nie. Die liefdadigheidswerk verg net nou my aandag en dis my groot passie”

 Lees nou

Amal Clooney kap vir Trump

Shonda Rhimes se jaar van ja