FOTO Instagram bobbyvanjaarsveld

FOTO Instagram bobbyvanjaarsveld

Het jy gehoor?

Bobby vlieg SA toe via Atatürk-lughawe

Die sanger Bobby van Jaarsveld keer vandag terug na Suid-Afrika via die Atatürk-lughawe in Istanboel, Turkye, waar selfmoordbomaanvallers gisteraand chaos gesaai het.

Bobby en sy pa, Bob, se pelgrimstog deur Israel eindig vandag.

Vrees het by dié lughawe uitgebreek toe drie mans hulself Dinsdagaand net buite die terminale opgeblaas het, berig CNN. Minstens 41 mense is dood en nog 147 beseer.

Atatürk is die 11de besigste lughawe ter wêreld, met 61,8 miljoen passasiers jaarliks, berig Associated Press.

SARIE.com is in kontak met Bobby om op hoogte te bly van hul reis huis toe.

Hoewel niemand tot dusver verantwoordelikheid vir die voorval aanvaar het nie, het Turkye se eerste minister, Binali Yildirim, aan CNN gesê dat die voorval al die eienskappe van ’n ISIS-aanval het omdat onskuldige mense geteiken is.

Turkye het vanjaar al onder ’n vlaag bomaanvalle gebuk gegaan, waaronder twee selfmoordbomaanvalle in toeristegebiede in Istanboel en twee motorbomaanvalle in die hoofstad Ankara, berig TimesLive.


BRON: TimesLiveCNNAssociated Press.