bobby_facebook
Het jy gehoor?

Bobby kuier by Overtone in Amerika (plus splinternuwe VIDEO)

Hul plan is om Nashville toe te gaan om te gaan kyk hoe die musiekbedryf daar werk. Maar ‘n kuier by die manne van Overtone is ook deel van die die reisplan:

Noudat ek reeds weg is, kan ek seker maar die aap uit die mou laat waarheen ek gaan. My paaie het lank gelede gekruis met die manne van Overtone en ons het baie goeie vriende geraak. Toe hulle uitvind dat ek en Paulo Amerika toe kom, het hulle ons genooi om by hulle te kom kuier. Nou ja, meeste van julle weet seker waar die manne van Overtone bly as hulle in Amerika is. Dis waarheen ek en Paulo vir die eerste paar dae gaan. Of ek bevoorreg genoeg aan wees om Clint en Dinah Eastwood persoonlik te ontmoet – dit weet ek nie – maar ek gaan darem by hulle tuisgaan. Ek sal vertel as ek terug is,” skryf Bobby op sy webwerf.

Sy trefferliedjie Spieëltjie is ook in Engels vertaal, en hulle het ‘n video daarvoor geskiet. Wat dink jy?

  • Luna

    Hy’t my klaar verloor by "There IS these pictures in my head" … and, oh no, "LITTLE place and LITTLE mirror". Regtig! Vir die internasionale mark het hy die bus gemis met ‘n nie slegte wysie nie. Eerder net "mirror mirror on the wall". Andersins, ja, gun elke ou diertjie sy plesiertjie, seker.

  • Lorna de Kock

    Lorna se. Baie oulike entertainer en is so nederig. Ek glo hy gaan nog ver kom met sy sang en musiekskryf op die internasionale mark. Hy’s ‘n aantreklike man ook.

  • Marina Smalberger

    Sal dit nie wonderlik wees as iemand in Amerika ‘n konsert in Nashville vir ons Suid Afrikaanse Country sangers kan hou nie – net sodat hulle aan die wereld bekend gestel kan word. Ons talentvolle mense was genoeg weggesteek en veroordeel oor apartheid en allerhande politieke dinge. Bring hulle uit in die kollig en wie weet dalk het Clint Eastwood genoeg kontakte om hierdie droom te bewaarheid. Ons sangers is besig om te ontwaak in die buiteland en ek hoop dit gaan goed.

  • Christa

    Ek weet nie hoekom moet mense altyd fout soek by iemand nie-Luna.As jy nie van Bobby hou nie moet dan nie daarna luister nie.Hierdie song is great en Bobby se musiek is great! i ARE afrikaans and love it!

  • Pablo

    Beste Monika,Je spreekt van een klomp cleeln, maar zijn wij in biologische zin niet allemaal een klomp cleeln, waarbij de ene klomp cleeln langer geleefd heeft, en dus meer mans is dan de andere? Het probleem lijkt bij deze discussie te zijn, dat er geen biologische definitie voor een mens is, terwijl dat toch heel eenvoudig zou moeten zijn. Ik zie via de link van de wetgeving, dat er wel een definitie voor een embryo is, maar geen definitie voor een mens. Is het niet een feit, dat als je deze klomp cleeln zou terugplaatsen in een vrouw, dat er over 9 maanden een baby zou zijn, met dezelfde genetische eigenschappen als degene van wie het gebruikte DNA is?Je zegt, dat doen we niet, we gebruiken de klomp cleeln voor therapeutische doeleinden. Maar als er geen duidelijke definitie voor een mens is, zullen sommige mensen dan niet zeggen, dat het de wetenschapper is, die bepaald wie er een mens is, en wie er therapeutisch materiaal is? Wat is volgens wetenschappers de biologische definitie van een mens?