Het jy gehoor?

Bobby, Mej. SA + ander bekendes sweet vir Joost

Die sweet het gister, 21 April, van bekendes se lywe gedrup ten spyte van die Pretoriase hersfweer.

Verskeie van die land se bekendes, waaronder Bobby van Jaarsveld saam met sy spanmaat vir die dag, die Bulls-speler Flip van der Merwe, en die oud-Springbok James Dalton het gister gewys waarvan hulle gemaak is.

Reebok CrossFit

Hulle het by die Menlyn-winkelsentrum in Pretoria aan die eerste Reebok CrossFit-uitdaging deelgeneem. CrossFit is ‘n oefenprogram wat verskeie intense krag- en fiksheidsoefening insluit.

Dié uitdaging was ter ondersteuning van die J9-stigting en wou bewustheid oor motorneuronsiekte bevorder.

Ons huidige mej. SA, Marilyn Ramos, het ook aan dié tawwe uitdaging deelgeneem. Hier is van die foto’s van wat sy dié dag moes deurmaak:

Marilyn RamosMarilyn RamosMarilyn Ramos

Marilyn Ramos