FOTO Leana Clunies-Ross

FOTO Leana Clunies-Ross

Het jy gehoor?

Bobby op jou kassie!

Vir die laaste paar maande het die personeel van Fransenburg Hotel probeer om ten minste een ster te bekom. Maar o wee, hoe meer hulle probeer, hoe meer trap hulle net in groter moeilikheid. Vanaand is daar wel ’n nuwe gas: Bobby van Jaarsveld.

En dis ’n Bobby wat jy nog nooit gesien het nie! Soos een van die regisseurs en skrywers, Stiaan Smith, verduidelik: “Hy speel sy alter ego. ’n Karikatuur van homself. En Bobby spot met homself.”

Screen Shot 2016-09-26 at 4.51.51 PM

SKERMGREEP kykNET

Screen Shot 2016-09-26 at 4.50.00 PM

SKERMGREEP kykNET

Screen Shot 2016-09-26 at 4.50.32 PM

SKERMGREEP kykNET

Volgens Stiaan was Bobby ’n aangename verrassing. “Hy is werklik maklik om mee saam te werk. Hy het vinnig dinge gesnap, ook die toon van die komedie.”

En Simoné Nortmann, wat die rol van Joanie vertolk, sê sy het vir Bobby gelag. “Hy was regtig ’n verrassing. Sy spel was in die kol. En ons kon lekker saam met hom werk.”

Stiaan sê Bobby sal in vanaand en volgende week se episode te sien wees. Dis opgedeel in deel 1 en deel 2.

Hotel is vanaand 20:30 te sien op kykNET (kanaal 144).

Kyk die voorskou hier:

Lees nou

Nirvana-baba herskep ikoniese foto

Mej. Italië: plusgroot naaswenner

Bekendes met ’n onvolmaakte glimlag