booby_310w
Het jy gehoor?

Bobby-hulle se groot besluit oor hul kind

“Ons het die belangrike besluit geneem om Leben se stamselle te stoor wat gebruik kan word om meer as 70 siektes te behandel. -Save” het Bobby getwiet.

“Dis ‘n groot nuwe ding wat oral gebeur. Ons het daarvan gehoor toe van ons vriende dit gedoen het en gedink dis baie belangrik,” het Bobby in ‘n onderhoud met sarie.com gesê.

“Toe Annatjie (sy vrou) geboorte geskenk het aan Leben het ons toe besluit om die stamselle (in die naelstring) te laat vries. Dit word gevries vir baie jare en dit kan dan later gebruik word om ander mense te help, selfs as iemand in die gesin siek raak kan daardie selle dan gebruik word,” vertel hy.

“Dit kan help in die behandeling van meer as 70 dodelike siektes, soos kanker. Ons het net gedink, as ons ander mense, of dalk selfs iemand in ons eie gesin, eendag op so manier kan help ‘n siekte voorkom of behandel, is dit mos ‘n goeie ding,” het Bobby aan sarie.com vertel.

Sal jy hierdie prosedure oorweeg?

Hier’s Bobby en sy eersteling, Sion, in ligte luim