Het jy gehoor?

Bobby se haarkapper praat

Janine Kotze van Hairtime Studio het vroeër die week Bobby se kapsel ligter gemaak vir die sy rol van Jan in Liefling die musiekblyspel. Dié musiekblyspel volg op die sukses van die film Liefling. Bobby het ‘n nuwe Liefling gesoek om teenoor hom in die musiekblyspel te speel – en dié proses het kykNET in hul werklikheidsreeks Jy is my Liefling opgeneem. Die wenner van dié reeks gaan teenoor Bobby op die verhoog speel.

Sy karakter Jan is ‘n blondekop, maar Bobby wou nie weer sy hare witblond gehad het soos vir dié film nie, vertel sy haarkapper Janine. (Die foto hieronder wys vir Bobby met sy blonde hare vir ‘n SARIE-fotosessie net ná hy Liefling klaar geskiet het.)

Bobby van Jaarsveld

FOTO: ‘n Baie blonde Bobby net nadat hy Liefling klaar geskiet het

Janine is die haarkapper van sterre soos Dewald Wasserfall, Riana Nel, Hanna Grobler en Ampie du Preez. Sy en  Rencha, wat saam met haar by die salon werk, is ook betrokke by die verhoogproduksie Afrikaans is Groot en menigte CD-voorblaaie. Hulle het ook Karlien se stilering vir haar nuutste musiekvideo gedoen.

Sy het Bobby se hare ligter gemaak deur eers ligstrepies in sy hare te sit en daarna ‘n ‘toner‘ om die donker uit sy hare te haal.

Bobby wou nie soos laas ‘n witblond wees nie, so toe het ons hom ‘n warm-blond gemaak.

Volgens Janine is Bobby se warmblond in die kol met die nuutste haarmodes. “Dié winter neig mense vir warm kleure om hul gesig – soos goud, beige, warm bruine en rooie.”

“Die eenkleur is nogsteeds in, maar die ombré-voorkoms het Suid-Afrikaanse vroue nou goed geslaan! In Suid-Afrika verkies ons ‘n warm ombré: goud, beige of bruin bo met koper op die punte. Die Europeërs en die Amerikaners verkies koelkleurige ombrés. Maar omdat ons ‘n warmer klimaat het, verkies ons nie sulke koue kleure om ons gesig nie.”

WAT DINK JULLE? LYK BOBBY BETER AS ‘N BRUNET OF ‘N BLOND?