FOTO Instagram bobbyvanjaarsveld

FOTO Instagram bobbyvanjaarsveld

Het jy gehoor?

Bobby se kleinsus en kinders in rooftog

Dis enige ouer se nagmerrie – jou kind word ’n misdaad-slagoffer. En dis presies wat die Afrikaanse sanger Bobby van Jaarsveld vandag beleef het. Sy twee seuntjies, Sion en Leben, was agter in die motor van sy kleinsus, Cara Brink, toe ’n gryprower op die voertuig toeslaan (smash and grab) by die Fonteine-sirkel in Pretoria.

Bobby het die skoknuus op sosiale media gedeel.

SKERMGREEP FACEBOOK

SKERMGREEP Facebook

Al drie is gelukkig ongeskonde, net Cara se handsak is gesteel. Bobby en Cara se ma, Ronel Brink, voel veral jammer vir die twee seuntjies.

FOTO: Phyllis Green

FOTO Phyllis Green

“My hart bloei vir hulle. Jy wens hulle word nooit aan sulke goed blootgestel nie. Cara is gelukkig ’n grootmens en sy het dit goed hanteer, maar die kleintjies…” het Ronel aan SARIE.com gesê.

Cara brink hanna Charity

FOTO Verskaf

Volgens Ronel het Cara by ’n rooi verkeerslig stilgehou. “Sy het tussen twee karre gestaan toe dit gebeur. Sy kon dus niks doen nie, nie wegjaag nie, niks. Die ergste is dat die grypdief gesukkel het om die venster te breek.”

Ronel is dankbaar dat niemand seergekry het nie. Maar hulle gaan nou beslis “saggies” wees en werk met die kleintjies.

5 dinge wat jy kan doen om ’n smash and grab te verhoed

1. Sit jou handsak in die kattebak – hou jou selfoon versteek voor in die kar by jou.

2. Probeer altyd in die middelbaan wees, veral in die aande.

3. Wees op jou hoede, rowers is meer geneig om iemand te teiken wie se aandag afgelei is.

4. Los altyd ’n ruimte van een voertuig tussen jou en die voertuig voor jou. Indien ’n noodgeval daarvoor vra, het jy bewegingsruimte.

5. Hou die deure ten alle tye gesluit.

Bron: Netstar

Lees nou

Kinders met stres en depressie – ken die simptome

Arno maak eerste Afrikaanse CD

Kim met vuurwapen aangehou